* Hou rou aartappels wit: Indien jy die aartappels klaar geskil het en in 'n skottel met water sit, gooi so twee teelepels asyn by die water. Dit sal verhoed dat die aartappels verkleur.
* Hou aartappels wit: ’n Teelepel wit asyn in water terwyl aartappels kook, sal dit mooi wit hou.
* Groente: Sit groente wat effens verlep het, in asyn en koue water om dit weer 'n kraakvars voorkoms te gee.
* Vis: Week vis vir 'n sagter en beter vorm in asyn en water voordat jy dit gaarmaak. Indien jy vis kook, kan ’n bietjie asyn in die water. verhoed dat dit te vinnig verkrummel.
(Word vervolg)
No comments:
Post a Comment