Jou geloof is gebou op dinge wat jy nie kan sien nie. Ons weet ook dat die wêreld deur God toeberei is deur sy woord, nie dinge wat ons kan sien nie, maar sy woord (vers 3) Ongelowiges en ateïste sal hieroor stry, maar geloof stry nie. Dis 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie (vers 1).
Jesus het keer op keer verwys na geloof, geloof wat red, of geloof wat te kort kom.
Menige gelowiges is gedood oor hul geloof in Christus, sommige omdat hulle Jesus gesien het, met 'n verwagting op die ewige lewe en vergifnis van sonde. Ander omdat hulle glo wat hulle nie gesien het nie, maar met dieselfde verwagting en hoop.
Dankie Here vir die mate van geloof waarmee U my geseën het. Ek glo U is die Almagtige, alwetende God. Ek glo U woord het die skeppingswerk gedoen en U onderhou dit. Ek glo U Seun het vir my sondes met sy bloed betaal. Ek glo Jesus is die woord van God, wat by God is en in God is en lewendig geword en by ons kom woon het. Met my hart glo ek en met my mond bely en getuig ek, dat Christus die Here is en dat die bloed van die lam my oorwinning is. Mag ek U behaag deur die krag van Jesus. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]
No comments:
Post a Comment