Saturday, 8 February 2025

Touching story from Readers digest ...


Last night I was sitting in the living room, talking to my wife about life ... In-between, we talked about the idea of living or dying. I told her: 'Never let me live in a vegetative state, totally dependent on machines and liquids from a bottle. If you see me in that state, I want you to disconnect all the connections that are keeping me alive, I'd much rather die.'

My wife got up from the sofa with this real look of admiration towards me proceeded to disconnect the Cable TV, DVD, then the computer, the cell phone, the iPod, and the Xbox, and then went to the bar and threw away all my whisky, rum, Gin, Vodka the beer from the fridge ...

I ALMOST DIED!!

Moral : Think before you speak. The female brain works on a different wavelength!

Source: Reader's Digest 

Friday, 7 February 2025

Spesiaal aan elke moeder ...

Gebuig in gebed,
Bid sy dat God haar kinders moet red,
Noem hul op die naam,
Terwyl trane haar gesig sagkuns raam,
Pleit by Jesus,
Dat Hy diep in hul harte moet lees,
Dat hul veilig moet wees,
Al is haar hart blou gekneus,
Haar trane land veilig,
Op haar Bybel se blaaie,
Sien niemand haar trane?
Loof en prys sy deur smartfonteine,
Jesus sien elkeen,
Het hierdie lieflingvrou
net vir hulle geleen,
Veilig vang Jesus 'n traan,
In die boek van lewe is dit geraam,
By elk skryf Hy 'n naam,
God's Irisblom,
Gepluk,
vir kinders geleen,
Op Jesus-skouer rus sy knus,
Knieë skaaf sy deur,
Probeer hul van Sy liefde leer,
'n Moerder se liefde,
Sag en teer ...

Weet verseker dat Jesus elkeen wat nou hier lees oneindig liefhet ...
Gee vandag al jou laste vir Jesus ...
Hy sal dit vir jou oplos.
Jesus weet van elke traan wat val ...
Of jy 'n Moeder of kind is vandag ...
Ek weet 'n Moeder se trane val altyd
waar niemand op aarde dit kan sien nie ... 
Maar vandag weet ek
dat geen traan by Jesus se oog verbygaan nie ...

[Dankie, Estelle]

Thursday, 6 February 2025

Ouma se wenke: Asyn, jou beste vriend in die kombuis

* Taai merke: Die kombinasie van vetterige kosspatsels, stoom en stof is geneig om taai merke op oppervlaktes in jou kombuis te laat. Jy kan hierdie taai spatsels of merke skoonmaak deur dit af te was met ’n spons wat in onverdunde wit asyn gedoop is. Spons asyn af met skoon water en vee droog met papierhanddoeke.

* Maak ook gereeld bo-op jou yskas, vrieskas en ander kaste in jou kombuis skoon. Hulle word net so vinnig vuil - stoom en stof.

* Spieëls: Vryf spieëls en ruite met ‘n lappie gesprinkel met ‘n bietjie asyn - vlieë hou nie van die reuk nie.

* Vleis: om vleis sag te maak wanneer jy dit stowe, gooi 2 teelepels gemmer by. Jy kan ook asyn oor vleis gesmeer vir sagter reusltate. 

* Brand: Smeer dadelik asyn aan enige brandwond, dit neem die brand weg en voorkom blase as dit betyds aangesmeer word.

Wednesday, 5 February 2025

Monday, 3 February 2025

Vandag se gebed vir jou: God in die alledaagse

Vergewe my, Here, dat ek sê dat ek U volg
en dat ek altyd in U teenwoordigheid is -
maar dan verwag ek U nie op onverwagte plekke nie!
O Here, ek verwag U spesifiek nie in armoedige omgewings nie -
nie in huisies waarvan die verf afskilfer en onkruid die tuintjies oorwoeke';
in kroeë, kronkelstraatjies, agterbuurtes en rooiligdistrikte nie.
Dit is omdat ek vergeet van die stal
en die Baba tussen die plaasdiere.
Dit het nooit regtig tot my deurgedring
dat die jong Prins van Vrede
grootgeword het in die stofstrate van 'n vaal plattelandse dorpie nie;
dat Hy sy mag sou beperk om mens tussen ons te word nie.
Here, as ek U nie raaksien op die alledaagse plekke
en in die doodgewone mense rondom my nie,
is dit omdat ek vergeet hoe anders as wat mense sou verwag
u Koningskap vertoon is ...
U is gekroon met dorings, het die kruis as troon aanvaar,
en die enigste swaard wat U opgeneem het, was dié van die Gees.
O Here, ek moet nog so baie leer!
Wys vandag die lig van die ster vir my
bokant die plakkershuise om my stad,
laat my die engellied hoor
in versoenende woorde tussen gewone mense.
Ek bring aan U die geskenk van my lewe.

[Arthur A Rouner]

Saturday, 1 February 2025

Saterdaglagmedisyne - Blondinegrappe


Aan die eertydse blondines in Ons Huis wat nou almal getooi is met grysheid en gepaardgaande wysheid: geniet hierdie grappies ...

* By die werk is die enigste mense met deurskynende kosblikke die blondines. Een blondine het die rede as volg vir een van haar kollegas verduidelik:
Sodat die blondines kan weet of hulle werk toe of huis toe moet gaan.

* Wat word 'n blondine tussen twee brunette genoem?
'n Kommunikasiegaping.

* Hoe hou jy 'n blondine vir ure lank besig?
Gee vir haar 'n papier met die woorde blaai om, asseblief op albei kante geskryf.

* Waarom drink die blondine 'n glas OMO na elke ete?
Op die houer staan: Met nuwe verbeterde vetverwyderaar 

[Word vervolg]

Februarie-verjaardae


14 - Mev. G de Bruin

19 - Mev. J du Plessis

Friday, 31 January 2025

Dink 'n bietjie hieroor ...

Deesdae lewer almal kritiek op almal wat iets doen, iets probeer doen en ook op diegene wat nie iets doen nie. Die kritici weet altyd beter en die voor die hand liggende oplossings word met smaak in die naaste oor uitgestort. Dis net só jammer dat dié mense wat met soveel insig toebedeel is, nie 'n daadwerklike poging tot die verbetering van die onmiddellike omgewing aanwend nie. Raad(t) en advies is beslaan reeds bladsye vol. Sosiale media wemel daarvan, maar diegene wat die daad by die woord voeg, is dun gesaai.

Die volgende raakleesstukkie kan 'n mens tot nadenke stem:

* Het die doeners nie minder geword as gevolg van al die kritiek nie?

* Misien het die mense wat altyd die ekstra myl geloop het, ongeag die omstandighede, besluit het om halt te roep, omdat die versperrings in hulle pad al meer geword het.

* Miskien moet 'n mens, voordat jy iemand kritiseer of fout vind met hulle werkswyse, eers komplimenteer - sien die goeie raak - alles kan nie net verkeerd wees nie.   

*  Moenie dadelik deel word van die uitsaaistasie wat 'n sappige storie versprei nie - laat enige storie by jou stop.

* Tel elke dag jou seëninge en kyk met genade-oë na hulle wat jou pad kruis.

* Kweek doelbewus ʼn positiewe lewenshouding aan. Dit is nooit te laat nie.

* Bid eerder in plaas van kritiseer.

[Dankie, Danelia, vir die deel hiervan.]   

Thursday, 30 January 2025

Ouma se wenke: Asyn, jou beste vriend in die kombuis

* Kook eiers: Wanneer eiers gekraak het, terwyl dit kook, gooi ’n klein bietjie asyn in die water om te verhoed dat die wit van die eier uitloop.

* Hou rou aartappels wit: Indien jy die aartappels klaar geskil het en in 'n skottel met water sit, gooi so twee teelepels asyn by die water. Dit sal verhoed dat die aartappels verkleur.

*  Hou aartappels wit: ’n Teelepel wit asyn in water terwyl aartappels kook, sal dit mooi wit hou.

* Groente: Sit groente wat effens verlep het, in asyn en koue water om dit weer 'n kraakvars voorkoms te gee.

* Vis: Week vis vir 'n  sagter en beter vorm in asyn en water voordat jy dit gaarmaak. Indien jy vis kook, kan ’n bietjie asyn in die water. verhoed dat dit te vinnig verkrummel.

(Word vervolg)

Monday, 27 January 2025

Vandag se internetgebed vir jou: Loop die pad saam met my ...

Hemelse Vader, U wat my so goed ken,
weet presies hoeveel emosiesdaar binne-in my stoei.
U ken my verlede en hede
en U weet reeds wat al my môres inhou.
Help my om my lewe onvoorwaardelik
in U hande te plaas
en U dan volkome daarmee te vertrou.
Wees asseblief my Padwyser as ek verdwaal,
my Leidsman wanneer ek antwoorde soek,
my Trooster as my hart wil breek,
my Hemelse Geneesheer in tye van siekte,
my Krag as ek steiltes moet klim,
my Moed as ek hoop begin verloor,
my Lig as dinge donker om my raak,
en my Vreugde as ongeluk my wil oorweldig.
Sluit U groot hand van genade en seën saggies om my
brose menswees en loop asseblief die pad saam met my,
tree vir tree ...
Amen

Sunday, 26 January 2025

Oomblik van stilte: Heb. 11:1

Deur die geloof is Henog weggeneem om die dood nie te sien nie; en hy is nie gevind nie, omdat God hom weggeneem het; want voor sy wegneming het hy getuienis ontvang dat hy God behaag het.

Jou geloof is gebou op dinge wat jy nie kan sien nie. Ons weet ook dat die wêreld deur God toeberei is deur sy woord, nie dinge wat ons kan sien nie, maar sy woord (vers 3) Ongelowiges en ateïste sal hieroor stry, maar geloof stry nie. Dis 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie (vers 1).
Jesus het keer op keer verwys na geloof, geloof wat red, of geloof wat te kort kom.
Menige gelowiges is gedood oor hul geloof in Christus, sommige omdat hulle Jesus gesien het, met 'n verwagting op die ewige lewe en vergifnis van sonde. Ander omdat hulle glo wat hulle nie gesien het nie, maar met dieselfde verwagting en hoop.

Dankie Here vir die mate van geloof waarmee U my geseën het. Ek glo U is die Almagtige, alwetende God. Ek glo U woord het die skeppingswerk gedoen en U onderhou dit. Ek glo U Seun het vir my sondes met sy bloed betaal. Ek glo Jesus is die woord van God, wat by God is en in God is en lewendig geword en by ons kom woon het. Met my hart glo ek en met my mond bely en getuig ek, dat Christus die Here is en dat die bloed van die lam my oorwinning is. Mag ek U behaag deur die krag van Jesus. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Saturday, 25 January 2025

Saterdaglagmedisyne - dokter


Die dokter het 'n loodgieter dringend twee-uur in die oggendure nodig. Hy bel die loodgieter en sê hy vermoed die probleem lê by die spoelbak.
Loodgieter: "Dokter, dit is twee-uur in die oggend."
Dokter: "Ek is terdeë bewus daarvan. Jy het my ook al hierdie tyd van die nag uitgeroep."
Loodgieter: "Goed, ek is nou daar."
Toe hy by die dokter se huis kom, lig hy die spoelbak se deksel op, haal twee disprins uit sy sak en gooi dit in die bak en sê: "As dinge môre nie beter lyk nie, bel my weer." 

ooOOoo   

Piet gaan die dokter sien. Hy slaap nie meer in die aand soos hy moet nie. 
Piet: "Dokter, elke nag, sodra ek aan die slaap raak, hoor ek hierdie snaakse geluide in my kop."
"Daar is iewers 'n skroef los!" 

Thursday, 23 January 2025

Ouma se wenke: Vlekke

* Asblik: Gooi kalk en/of ammoniak onder op die bodem van asblik.

* Bad: Ouer baddens is dikwels vol geel vlekke. As jy geel vlekke uit 'n bad wil verwyder, moet jy 'n suurlemoen halveer, sout daaroor strooi en die vlekke daarmee vryf'.

* Bad: My ouma het 2 eetlepels kalk gemeng, 2 eetlepels sout en ‘n halwe bottel parafien om die ou huis se bad mee skoon te maak.

* Beet: Beet kook altyd oor. Om te verhoed dat beet oorkook, voeg 'n mespunt botter en 'n eetlepel asyn by die water van die beet. Jou beet sal ook gouer sag kook.

* As daar beetvlekke op 'n kledingstuk/tafeldoek is, gooi 'n bietjie melk op die vlek en laat week in koue soutwater. Was dan in warm seepwater.

[* Hierdie is wenke wat vir my gewerk het, dit is egter ook moontlik dat jy nie dieselfde resultate sal kry nie. Gebruik maar na goeddunke.]