Saturday, 11 April 2026

Saterdaglagmedisyne - oupa

* Oupa kuier by sy kinders en sy kleinseun is besig om ekonomie vir die eksamen te leer.
Oupa gooi so een oog in die kind se handboek en sê vir hom: "Boeta, kom oupa definieer vir jou ons land se ekonomie in kort as volg: Resessie is wanneer jou buurman sy werk verloor - dit raak jou nie direk nie. Depressie is wanneer jy jou werk verloor en jy geen hoop vorentoe sien nie. Ekonomiese herstel is wanneer die minister van finansies sy werk verloor."

*  Wat is die definisie van 'n pessimis?
'n Optimis met jare se ervaring.

* Pessimiste sien net die donker tonnel vol politieke en ekonomiese probleme waarin ons beland het. Die optimis, daarenteen, sien die lig aan die einde van die tonnel.
Die realis sien die donker tonnel, die lig in die verte, asook die volgende tonnel.

No comments:

Post a Comment