In die eensame veld staan ’n tentjie klein,
en daarnaas in die skeem'ring skuif die ligtende trein;
ek sien in die tentjie, deur die oop gordyn,
’n tafel met bordjies en glasies fyn,
wat sag in die lig van die kersie skyn,
en ek dag: “Was ek net in die tentjie klein,
ek sou tog so gelukkig syn.”
Naas die eensame tent staan ’n meisie klein,
in stomme bewond’ring van die ligtende trein;
sy sien my geniet my glansende wyn
en kost’like maal by elektriese skyn;
en ek raai die gedagte van die meisie klein:
“Ag, was ek maar net in die vrolike trein,
ek sou tog o so gelukkig syn”.
* Totius
[Bron: Totius's post - klik HIER.]
Wie onthou nie hierdie gediggie wat ons almal in die laerskool moes leer nie? Die boodskap is vandag nog net so relevant. Dit is só tekenend van ons mensdom se verlange om maar altyd te begeer en te wil hê wat ander het. Wees tevrede met die skatte wat vir jou uitgedeel is.
Friday, 23 January 2026
Thursday, 22 January 2026
Ouma se wenke: Moontlike maniere hoe om kougom te verwyder
* Verwyder kougom uit jou klere om die taai kol met grondboonbotter te smeer. Die olierigheid en so werk te mooi saam om die taaiheid uit te kry. So 'n klein bietjie vryf en alles is uit.
* Vryf 'n ysblokkie daaroor sodat dit kan hard word en trek af. As dit 'n vlek los, druk 'n bietjie bloekomolie of terpentyn op. Dis geskik vir vloere, matte, teëls en materiaal.
* Om kougom van klere te verwyder, plaas die kledingstuk in 'n plastieksak in die yskas. Krap dan net later die bevrore kougom af.
* Vryf 'n ysblokkie daaroor sodat dit kan hard word en trek af. As dit 'n vlek los, druk 'n bietjie bloekomolie of terpentyn op. Dis geskik vir vloere, matte, teëls en materiaal.
* Om kougom van klere te verwyder, plaas die kledingstuk in 'n plastieksak in die yskas. Krap dan net later die bevrore kougom af.
Dis nie nodig om klippe te kou as jy 'n koutjie kougom uit
'n kledingstuk wil verwyder nie.
Wednesday, 21 January 2026
Hartsake oor 'n koppie tee: Hy wil jou suksesvol maak
sal Hy eers jou gemaksone wegneem,
Hy sal jou geduld toets,
Hy sal jou isoleer,
Hy sal jou geloof uitdaag.
Want voordat Hy jou die lewe gee waarvan jy droom,
bou Hy die weergawe van jou wat dit kan hanteer.
Tuesday, 20 January 2026
Monday, 19 January 2026
Vandag se internetgebed vir jou: Vrede vir julle ...
Allerheiligste God en Hemelse Vader, as ons mag vra vir een ding in 2026, dan pleit ons vanoggend vir hierdie vrede ... sodat alles ook vir ons sal sin maak. Dankie, Here Jesus, dat U guns oor ons is, dat U Gees met ons is, dat die dood oorwin is en dat ons níks meer het om te vrees nie, want U is áltyd met ons. Hou ons harte asseblief rustig, want U is áltyd in beheer. Ek eer U as die Vredevors wat áltyd in beheer is en bly ... van ewigheid tot ewigheid. Ek bid dit in Jesus se Allerheiligste Naam wat ook vir ons sê: "VREDE VIR JULLE"
Amen.
Amen.
Sunday, 18 January 2026
Oomblik van stilte: Lev. 17:11b NLV
Ek het vir julle die bloed gegee om daarmee versoening te doen vir julle sondes. Bloed verteenwoordig lewe en dit bring versoening ... Julle mag nooit bloed eet of drink nie.
Die Ou Testament, is 'n skadubeeld van die Nuwe Testament; soos die bloed van diere jaarliks, versoening tussen mens en God gebring het, het God, se eie Seun, eenmalig versoening tussen die mens en God gebring.
God het duidelik aan die Israeliete gesê wat die bloed verteenwoordig - lewe en versoening.
Jesus het vir jou lewe gebring en versoening.
Die lewe is in die bloed (vers 14).
Jou nuwe lewe is in die bloed van Jesus.
Daarom die gebruik van die nagmaal, om ons te herinner aan die bloed van Jesus, wat ons gereinig het.
Dankie Jesus, ewige Priester en Koning in my lewe. Ek sal nie in die ewige dood ingaan nie, want Jesus, U, het vir my die ewige lewe met u bloed gegee. My redding is in Christus wat in my is, en ek loof U tot in ewigheid. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]
Labels:
Levitikus,
Oomblik van stilte,
Pieter Swanepoel,
Stilte
Friday, 16 January 2026
Gedig: Bitterbessie dagbreek
Bitterbessie dagbreek
bitterbessie son
ʼn spieël het gebreek
tussen my en hom
Soek ek na die grootpad
om daarlangs te draf
oral draai die paadjies
van sy woorde af
Dennebos herinnering
dennebos vergeet
het ek ook verdwaal
trap ek in my leed
Papegaai-bont eggo
kierang kierang my
totdat ek bedroë
weer die koggel kry
Eggo is geen antwoord
antwoord hy alom
bitterbessie dagbreek
bitterbessie son
© 1961, Ingrid Jonker Trust
From: Rook en Oker
Publisher: Afrikaanse Pers, Johannesburg, 1963
bitterbessie son
ʼn spieël het gebreek
tussen my en hom
Soek ek na die grootpad
om daarlangs te draf
oral draai die paadjies
van sy woorde af
Dennebos herinnering
dennebos vergeet
het ek ook verdwaal
trap ek in my leed
Papegaai-bont eggo
kierang kierang my
totdat ek bedroë
weer die koggel kry
Eggo is geen antwoord
antwoord hy alom
bitterbessie dagbreek
bitterbessie son
© 1961, Ingrid Jonker Trust
From: Rook en Oker
Publisher: Afrikaanse Pers, Johannesburg, 1963
Bron: Klik HIER.
Thursday, 15 January 2026
Ouma se wenke: Begin 2026 op 'n goeie voet met jou kleinkinders
Die eerste en grootste geskenk, na my mening, wat 'n ouma (en/of oupa) 'n kleinkind kan gee, is liefde.
In hierdie boek word belangrike onderwerpe aangeraak.
* Baie daarvan.
* Soveel as jy kan.
* Kinders suig dit op soos 'n spons
* Hulle baai daarin en dit gee hulle selfvertroue 'n hupstoot.
So dikwels wonder grootouers wat kan ons doen en beteken vir ons kleinkinders, sonder om die ouergrense te oortree.
Lees gerus Johan en Nina Smit se boek "Loshande die beste oupa en ouma: om die wêreld vir jou kleinkinders te beteken."
In hierdie boek word belangrike onderwerpe aangeraak.
* Aspekte soos die voorbeeld wat grootouers stel.
* Die kleinkind se godsdiens en hoe daaraan gebou kan word.
* Die effek wat egskeiding op die kleinkind kan hê.
* Hoe die kleinkind begelei kan word om dood en afskeid te kan hanteer.
* Selfs die dood van 'n kleinkind en die verwerking van die seer deur die grootouers.
Die outeurs probeer om sentimentele gesprekke rondom kleinkinders te vermy en om dieper te grawe in die verhoudings waarin grootouers met hulle kinders en kleinkinders staan. Die boek bevat kostelike verhaaltjies van kleinkinders se sêgoed en hulle kinderlike opregtheid teenoor hulle oupas en oumas. Een van die hoofstukke van die boek beskryf 'n hele aantal getuienisse van laerskoolkinders oor hulle oupas en oumas.
Klik HIER vir meer inligting.
Onthou, wees die beste oupa en ouma wat jy kan wees.
Dit beteken nie materiële geskenke nie,
maar onthou-geskenke, omgee-drukkies en
ore wat aandagtig luister sonder kritiek.
Geniet jou kleinkinders!
Labels:
Egskeiding,
Granny,
Kleinkinders,
Liefde,
Omgee,
Ouma,
Oumawenke,
Oupa,
Tips,
Wenke
Wednesday, 14 January 2026
Hartsake oor 'n koppie tee: Waaroms verander in daaroms
Is daar geluk - bewaar dit.
Is daar 'n kruis - aanvaar dit.
Is daar onreg - stel dit reg.
Is daar teenslae - hou aan veg.
Is daar vreugde - deel dit.
Is daar 'n breuk - heel dit.
Skenk iemand jou liefde - beleef dit.
Doen iemand jou leed - vergeef dit.
Het jy geloof - wys dit.
Is daar moed - prys dit.
En laat die wêreld daarvan weet.
As jy glo sal al die waaroms
Is daar 'n kruis - aanvaar dit.
Is daar onreg - stel dit reg.
Is daar teenslae - hou aan veg.
Is daar vreugde - deel dit.
Is daar 'n breuk - heel dit.
Skenk iemand jou liefde - beleef dit.
Doen iemand jou leed - vergeef dit.
Het jy geloof - wys dit.
Is daar moed - prys dit.
En laat die wêreld daarvan weet.
As jy glo sal al die waaroms
eenmaal verander in daaroms!
Tuesday, 13 January 2026
Monday, 12 January 2026
Vandag se internetgebed vir jou: Dra 2026 aan die Here op
Here my God, leer my luister met my hart wanneer ek my oë in U teenwoordigheid sluit. Sluit dan ook die oë van my gees en laat my luister vir die sagste fluistering van u stem ... Laat my reageer soos U dit van my verwag. Laat U wil in 2026 my rig. Leer my om minder versoeke tot U te rig en te vertrou dat U wil vir my baie beter sal wees as my drome. Here, leer my om U blindelings te vertrou en te volg. Al wat ek vra is u volmaakte wil ... Amen
[Marcia Smith]
Sunday, 11 January 2026
Oomblik van stilte: Jer. 17:7 (NLV)
Hou jou verwagting op die Here, want Hy wil jou sterk maak.
In elke situasie in jou lewe vertrou op die Here, sou jy ongelukkig, hartseer, woedend, bevrees, gelukkig, voortvarend, vreugdevol, suksesvol, tevrede, ens. wees, hou altyd die Here eerste in jou lewe.
Die Here bly getrou en sal jou teleurstel nie; Hy is altyd by jou en sal vir jou voorsien.
Jeremia se gebed Jer. 16:19a
Here, U gee krag. U beskerm my. Ek kan veilig by U skuil as gevaar dreig. (Jer. 17:14) Here, U alleen kan my gesond maak. U alleen kan my red. U alleen prys ek! Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]
Labels:
Jeremia,
Oomblik van stilte,
Pieter Swanepoel,
Stilte
Saturday, 10 January 2026
Saterdaglagmedisyne - 'n Bok van 'n storie
Twee oudstryders sit in die ouetehuis en dink aan vergange se dae. Die oudste een vertel hoe hy en sy ouer broer tydens die Anglo-Boereoorlog in 'n skermutseling met die Engelse beland het.
Hulle het in 'n loopgraaf gelê toe broer Jan raakgeskiet word. Hy het gou gesien broer Jan sou dit nie maak as hy nie dringend hulp kry nie. Maar hulle was baie gelukkig. Daar was 'n dokter saam in die loopgraaf.
Die dokter het dadelik gesien die saak is dringend, maar daar was nie 'n hospitaal naby nie.
Gelukkig kry die dokter 'n blink plan. Vlak by hulle het 'n paar wildsbokkies gewei. Die dokter sê toe die krygers moet een gaan skiet. Dit word gedoen. Die dokter sny die bok versigtig oop, haal sy ingewande uit en plant dit oor in broer Jan.
"Man jy sal my nie glo nie," vertel die oudstryder. "'n Paar weke later was Jan volkome genees. En presies vier maande ná die oorplanting, toe lam broer Jan."
[Bron: Finansies & Tegniek, 9 Augustus 1996]
Labels:
Henry Welman,
Huisgenotjies,
JC Ridgard,
Lag,
LOL,
Saterdaggenotjies,
Saterdaglagmedisyne,
Storie
Friday, 9 January 2026
Gedig: Karoo-dorp: Someraand
Die laat-middag het room geword
en treine wat ver fluit
en ’n wit-bont klaas-skáwagter
wat wag-hou op ’n kluit
en rook uit die lokasie rook
en by die dorpsdam sing
en mense in tennisbroekies loop
die koper skemer in
dóér op die nasionale pad
loop motortjies onhoorbaar, hoog;
Oum-Appie-Slagkraal se ou fiets
kom staan, vanself, moeg, voor die oog.
Tant’-Tolie-met-die-kanker kom
sit op die bordienghuis se stoep:
vanaand gaan hoor ons nog hoe sy
Die Here en die uile roep.
en treine wat ver fluit
en ’n wit-bont klaas-skáwagter
wat wag-hou op ’n kluit
en rook uit die lokasie rook
en by die dorpsdam sing
en mense in tennisbroekies loop
die koper skemer in
dóér op die nasionale pad
loop motortjies onhoorbaar, hoog;
Oum-Appie-Slagkraal se ou fiets
kom staan, vanself, moeg, voor die oog.
Tant’-Tolie-met-die-kanker kom
sit op die bordienghuis se stoep:
vanaand gaan hoor ons nog hoe sy
Die Here en die uile roep.
Wednesday, 7 January 2026
Hartsake oor 'n koppie tee: Bly gefokus
Dis nie altyd maklik nie,
MAAR
* Moenie jou lewe met ander mense vergelyk nie.
* Hardloop jou wedloop.
* God se doel vir jou lewe is nie dieselfde as ander mense se doel nie.
* Moenie na links of regs kyk nie.
* Bly gefokus op jou roeping.
* Hardloop jou wedloop.
* God se doel vir jou lewe is nie dieselfde as ander mense se doel nie.
* Moenie na links of regs kyk nie.
* Bly gefokus op jou roeping.
Labels:
Doel,
Hartsake,
koppie tee,
Lewe,
Lewenskwaliteit,
Lewensles,
Roeping,
Teekoppie,
Teetyd
Tuesday, 6 January 2026
Monday, 5 January 2026
Vandag se internetgebed vir jou: Gebed vir Januarie deur Solly Ozrovech
U genade aan 'n nietige mens is so onmeetlik. Hier staan ek deur u genade aan die begin van 'n nuwe jaar met die voorreg om te mag sê: "Die Here is my Herder, ek kom niks kort nie!" My hart breek uit in 'n loflied van dankbaarheid vir u liefde en genade.
Help my om U gehoorsaam te volg waar U mag lei.
Om plooibare klei te wees in u pottebakkershande sodat U my lewe kan vorm tot u eer.
Om sensitief te wees om u stem te hoor sodat as U roep ek steeds sal sê: "Hier is ek, Here, stuur my!"
Om op u aandrang uit te vaar na die diep waters sodat ek elke dag 'n bietjie geestelik sal groei tot volwassenheid.
Om lief te hê, omdat ek u kind is en u liefde is en die wêreld deur my liefde sal weet dat ek Ú kind is.
Om getrou te wees in groot en klein dingetjies sodat ek die kroon van die lewe uit u hand mag ontvang.
Getrou is in my Bybelstudie en gebed;
Help my om U gehoorsaam te volg waar U mag lei.
Om plooibare klei te wees in u pottebakkershande sodat U my lewe kan vorm tot u eer.
Om sensitief te wees om u stem te hoor sodat as U roep ek steeds sal sê: "Hier is ek, Here, stuur my!"
Om op u aandrang uit te vaar na die diep waters sodat ek elke dag 'n bietjie geestelik sal groei tot volwassenheid.
Om lief te hê, omdat ek u kind is en u liefde is en die wêreld deur my liefde sal weet dat ek Ú kind is.
Om getrou te wees in groot en klein dingetjies sodat ek die kroon van die lewe uit u hand mag ontvang.
Getrou is in my Bybelstudie en gebed;
getrou in my getuienis en barmhartigheidsdiens;
getrou aan my kerk en bo alles getrou aan Ú, my Verlosser en Saligmaker.
Hy maak in die stryd ons moedig,
Hý lei ons op die regte pad.
Nooit sal teenspoed ons ontmoedig;
Jesus het ons hand gevat.
Loof die Here, loof blymoedig!
Halleluja! Amen! (Ges. 188:3)
Hy maak in die stryd ons moedig,
Hý lei ons op die regte pad.
Nooit sal teenspoed ons ontmoedig;
Jesus het ons hand gevat.
Loof die Here, loof blymoedig!
Halleluja! Amen! (Ges. 188:3)
Sunday, 4 January 2026
Oomblik van stilte: Ps. 148:5
In alles wat jy vandag doen, prys die Here.
Alles wat geskape is, prys die Here, die engele, die heelal, en alles wat op aarde is, elke stilte en elke storm, diepte en hoogte.
Prys die Here solank jy lewe en bring Hom lof terwyl jy nog daar is. (Ps. 14:2)
Vind jou genesing, krag en vreugde in die lof wat jy aan God bring.
Here, ek loof U vir wie U is. Heilige Gees bly by my en lei my in aanbidding en lofprysing aan die Vader. Jesus, U is my krag en my sterkte. Laat u Naam groot gemaak word onder die lofsange van u skepping, in die hemele en op aarde. Laat my die lof en aanbidding hoor van U skepping. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]
Labels:
Oomblik van stilte,
Pieter Swanepoel,
Psalm,
Stilte
Saturday, 3 January 2026
Saterdaggenotjies: Koos van der Merwe
Een van die inwoners gaan vir sy kinders in Australië kuier. Op Sydney moet hy op 'n kleiner redery oorklim. Dis etenstyd op die klein lugredery se vliegtuig en die lugwaardin vra die spesifieke passasier of hy iets wil eet.
"Wat is my keuses?" vra hy.
"Ja of nee."
ooOOoo
Koos gaan apteek toe om sjampoo te koop.
"Vir droë of vetterige hare?" vra die apteker.
"Vir vuil hare," sê Koos.
ooOOoo
Koos van der Merwe gaan na 'n winkel wat spesialiseer in boumateriaal en vra vir 3 500 000 bakstene.
"Sjoe! Wat bou jy?" vra die winkelassistent.
''n Braai," sê ou Van.
"Drie en 'n halfmiljoen bakstene vir 'n braai? Is jy doodseker jy het nie 'n berekeningsfout gemaak nie?"
"Ja, Boet ... my woonstel is op die 14de vloer."
ooOOoo
Friday, 2 January 2026
Gedig: Sproeireën
My nooi is in 'n nartjie,
my ouma in kaneel,
daar's iemand . . . iemand in anys,
daar's 'n vrou in elke geur!
As ek 'n stukkie nartjieskil
tussen my vingers buig of knak,
breek uit die klein sproeireën
wat geurend om my hand uitsak,
die boorde weer van Swartfoloos
en met die nartjies om my heen
weet ek hoe dat 'n vrou kan troos.
O my nooi is in 'n nartjie,
my ouma in kaneel,
daar's iemand . . . iemand in anys,
daar's 'n vrou in elke geur!
DJ Opperman (29 September 1914 – 22 September 1985)
my ouma in kaneel,
daar's iemand . . . iemand in anys,
daar's 'n vrou in elke geur!
As ek 'n stukkie nartjieskil
tussen my vingers buig of knak,
breek uit die klein sproeireën
wat geurend om my hand uitsak,
die boorde weer van Swartfoloos
en met die nartjies om my heen
weet ek hoe dat 'n vrou kan troos.
O my nooi is in 'n nartjie,
my ouma in kaneel,
daar's iemand . . . iemand in anys,
daar's 'n vrou in elke geur!
DJ Opperman (29 September 1914 – 22 September 1985)
[Klik HIER vir nog twee variasie.]
Thursday, 1 January 2026
The first 3 words you find is your 2026 mantra!
What are your 3 words?
The first 3 words you see are the key to 2026! Don't forget to write your words down!
Januarie-hoogtepunte
Liewe Inwoners
Dink hieroor: baie jare terug toe ons nog mooi en jonk was, was daar nie al die pretdae wat daar vandag is nie ... en as dit was, dan het ons nie daarvan geweet nie. Miskien het dit bestaan, maar sosiale media het nie bestaan nie en kommunikasie was beperk tot landlyne en briewe - die een baie duur en die ander een stadig. Vandag lyk die prentjie totaal anders.
Geniet die lysie pretdae en deel dit sommer met jou tafelgenote as hulle dit nog nie raakgelees het nie.
1: Nuwejaarsdag
2: Wetenskapfiksiedag; Wêreld Introvertdag
3: Fees van Slaapdag; Nasionale Sjokoladebedekte Kersiedag
4: Wêreld Brailledag; Nasionale Trivia-dag; Wêreldspaghettidag3: Fees van Slaapdag; Nasionale Sjokoladebedekte Kersiedag
8: Elvis Presley se verjaardag; Borrelbaddag
9: Statiese Elektrisiteitsdag10: Verlaag jou energiekoste-dag
11: Leer jou naam in Morsekode-dag
12: Maak-jou-lessenaar-skoon-dag
13: Maak-jou-drome-waar-dag
14: Nasionale Klim-die-trappe-dag; Wêreldlogikadag; Organiseer jou huisdag
15 Nasionale Hoededag
16: Wêreldwye Woordsoekdag
18: Winnie die Pooh-dag
19: Nasionale Springmieliedag; Blikkiesdag
20: Kaasliefhebbersdag
21: Rooi Eekhoring Waarderingsdag
23: Handskrifdag
24: Komplimentedag
25: Teenoorgestelde Dag (Puik vir speletjies!)
26: Eggenoot se Dag
27: Sjokoladekoekdag (’n Soet bederf vir enige dag!)
28: Internasionale Legodag
29: Nasionale Legkaartdag
15 Nasionale Hoededag
16: Wêreldwye Woordsoekdag
18: Winnie die Pooh-dag
19: Nasionale Springmieliedag; Blikkiesdag
20: Kaasliefhebbersdag
21: Rooi Eekhoring Waarderingsdag
23: Handskrifdag
24: Komplimentedag
25: Teenoorgestelde Dag (Puik vir speletjies!)
26: Eggenoot se Dag
27: Sjokoladekoekdag (’n Soet bederf vir enige dag!)
28: Internasionale Legodag
29: Nasionale Legkaartdag
30: Croissant-dag
'n Geseënde 2026 vir elkeen
Maak 2026 die jaar waarin jy jou vriendskapsbande in die oord gaan verstewig. Dit is ook ‘n goeie tyd om oor ou herinneringe te gesels terwyl jy poog om meer te skep. Geniet elke dag ten volle en bid vir die inwoners van die ouetehuise en die land.
Labels:
Nuwe jaar,
Nuwejaar,
Nuwejaarswense,
Voorspoedige Nuwe jaar
Subscribe to:
Comments (Atom)




















