Saturday 13 August 2016

Die gelykenis van die potlood...

Die Potloodmaker neem die potlood eenkant toe voordat hy hom in die potloodboksie plaas. “Daar is 5 dinge wat jy te alle tye moet onthou, voordat ek jou in die wêreld instuur,” deel hy die potlood mee. “Onthou hulle te alle tye en moet nie een vergeet nie, dan sal jy die beste potlood wees.”

1: "Jy sal sal in staat wees om baie en groot dinge te doen, maar slegs as jy jouself toelaat om vasgehou te word in iemand se hand.”

2: "Jy sal van tyd tot tyd ‘n pynlike skerpmakingsproses moet deurgaan, maar jy het dit nodig om ‘n beter potlood te wees.”

3: "Jy sal in staat wees om enige fout te korrigeer wat jy gemaak het.”

4: "Die heel belangrikste deel van jou, sal altyd dit wees wat binne-in jou is.”

5: "Op elke oppervlak waar jy gebruik word, moet jy jou merk los. Maak nie saak van die toestande nie, jy moet aanhou om te skryf.”

Die Potlood verstaan en belowe ... (Lees verder)

No comments:

Post a Comment