Tuesday 30 August 2016

Behaal die hemelse prys...

Paulus het 'n positiewe fokuspunt in sy gedagtes gehad as dit met hom sleg gaan - die eenvoudigste is om net doelbewus in die teenoorgestelde gees op te tree as wat besig is om hom in die situasie af te speel.

As dit haat is, gee liefde.
As dit ontmoediging is, bemoedig dan.
As dit dronkenskap is, bly nugter.
As dit vloek is, seën dié wat vloek.
As dit frustrasie is, bly geduldig.
As dit ongeloof is, spreek geloof uit.
As dit vyandigheid is, bid vir vrede.

Salomo stel dit mooi:

"As iemand wat jou haat, honger is, gee hom iets om te eet;
as hy dors is, gee hom iets om te drink.
Die Here sal jou daarvoor vergoed,
en jy sal jou vyand vuurrooi van skaamte laat word.
(Spr. 25:21-22)

Jou lewe is nie in beheer van jou omstandighede nie, maar in die hande van die Persoon wat die omstandighede beheer.

[Uit: Jou oomblik van Glorie - Jannie Compion]

No comments:

Post a Comment