Wednesday, 13 September 2023

Laaste kans vir die mandjiedans


Mandjiedans se verkope sluit môre

Kaartjieverkope vir die mandjiedans sluit môre, 14 September om 12:00. Daar moet 'n opname gemaak word van die getalle wat die dans gaan bywoon. Moenie hierdie eenmalige geleentheid deur jou vingers laat glip nie. 'n Gesellige atmosfeer en goeie musiek gewaarborg.

Sien jou daar!

Woensdagwense: week 37

 

Tuesday, 12 September 2023

Aan al die oupas en oumas ...

'n Heerlike mandjiedans vir oud en jonk. Kom geniet 'n aandjie by Eureka Laerskool ... daar is goeie geselskap, 'n heerlike atmosfeer en op die koop toe gaan die baie bekende DJ Ertjies musiek in elkeen se smaak speel.

Onthou die datum:
15 September om 18:30!

Sien jou daar!! 

Wat is 'n oupa?

Oupa is mans-oumas.
'n Oupa is iemant nes jyself, net 'n biekie slimmer
want hy kan jou help met goed waarmee jy nie self
kan regkom nie.
Oupas gaan stap met klein sienkies en gesels net oor
visvang en trekkers.
'n Oupa werk nie en daarom het hy tyt vir jou
behalwe wanner hy wil slaap, want oupas slaap graag.
'n Oupa kan ook nie mooi sien nie,
daarom wil hy altyt weet wat jy doen.
Oupas het baaaie geld, want hulle koop elke dag die koerant.
'n Oupa is iemand wat altyd bly is om jou te sien,
want hoekom het hy altyt swiets in sy sak?
Elkeen moet tog probeer om 'n oupa te kry.
Hulle is beter as telewiesie.

Monday, 11 September 2023

Vandag se internetgebed vir jou: Hou my vas liefdevolle Vader

Hou my vas, liefdevolle Vader.
Wees met my deur die ure van die nag;
Wees met my deur die dag.
Hou U my hand;
Lei U my voet;
Vertroos U my hart,
Ek laat myself, my drome, my hoop,
my lewe, my toekoms aan U oor.
Waar ek is, daar is U.
In my nood antwoord U.
In my vreugde glimlag U met my.
As ek die hoekoms en die waaroms nie kan begryp nie,
Skyn U lig voort.
Dit lok my na waarhede nog onbekend,
Na dieptes van begrip waaraan niemand nog geraak het nie.
Wees met my Heer,
Vandag ... môre en in die dae wat kom,
Hou my vas, liefdevolle Vader.
Amen.

Sunday, 10 September 2023

Oupa se hande

Oupa, negentig jaar oud, het op die stoepbankie gesit. Hy het nie beweeg nie, sit net daar met sy hoof geboë en hy staar na sy hande.

Toe ek langs hom gaan sit het hy niks gesê of aangetoon dat hy van my weet nie en hoe langer ek gesit het, hoe meer het ek gewonder of alles reg is. Na 'n lang tyd se sit, vra ek hom toe of hy sleg voel en of ek vir hom iets kan doen.

Hy lig sy hand op, kyk na my en glimlag: "Nee," sê hy, "ek voel heel goed, maar dankie dat jy vra," sê hy in sy sterk basstem.

"Ek wou Oupa nie steur nie, maar oupa sit hier so doodstile en staar na jou hande en ek wou net seker maak alles is reg," verduidelik ek aan hom.

"Het jy al ooit na jou hande gekyk?" vra hy. "Ek vra of jy al regtig gekyk het?"

Ek maak my hande stadig oop en kyk stip na hulle. Ek draai hulle om, palms na boontoe.

"Nee," sê ek. "Ek het nog nooit so ernstig na my hande gekyk nie en ek weet ook nie wat Oupa bedoel nie."   

Oupa het geglimlag en toe vertel hy my 'n storie: "Gaan sit 'n oomblik stil en dink oor die paar hande wat jy het, hoe hulle jou deur die jare bedien het! Hierdie hande, redelik vol plooie, gekrimp en swak, was al gereedskap wat ek gehad het deur my lewe om daaraan vas te hou, te gryp en te omarm.

*Hulle het kos in my mond gesit en klere aan my lyf!
*Hulle het my veters vasgemaak en my skoene aangetrek.
*Hulle was baie dae vuil, gebars en rou, geswel en vol bloed, vingers seer.
*Met hulle het ek my eerste kind by die hospitaal kon vashou.
*Aan my vinger was my troupand wat gewys het dat ek getroud was met 'n vrou vir wie ek lief is.
*Hulle het gebewe en geskud toe ek my oorlede pa uitgedra het na die begraafplaas.
*Hulle het gebewe van trots toe ek my dogter afgegee en haar sluier afgehaal het met haar troue.
*Met hulle kon ek my gesig verberg, my hare kam, my was en skoongemaak het.
*Hulle was baie dae taai, vuil, nat, vol vuil olie en sement, droog en rou.
*Baie dae, wanneer baie dinge regtig nie gewerk nie, hou hierdie hande my op, sodat ek stadig op die bed kan gaan lê en hou ek hulle bymekaar as ek bid.
*Hierdie hande was die waarborg wat ek gehad het teen die genadeloosheid van die lewe.
*Maar die belangrikste is: Dit sal hierdie hande wees wat die Here sal vat en my in Sy koninkryk inlei.
*En met my hande sal Hy my optel aan Sy sy en dan sal ek hierdie hande gebruik om Christus se gesig aan te raak. 

Ek was verstom oor oupa se storie. As ek nou na my hande kyk, weet ek dat God oupa se hande sal streel en hom sal toelaat dat hy Sy gesig mag aanraak.

Leef dan so dat Hy jou hande ook in Syne kan vat.

Robert van Wyk

[Dankie, André]    

Saturday, 9 September 2023

Saterdaglagmedisyne: Afrikaans - die lekker TAAL!

Aftree:  kierieverlof 
Alkohol:  slingersous 
Bleeksiel:  fooskoos 
Fiets:  draadkameel 
Eet:  tandslaan 
Aap:  sitbok 
Blonde oomblik:   breinpouse 
E-pos:  vonkpos 
Grimering:  jeugdeeg 
Toilet:  porseleinskoeter 
Mooi meisie:  asemdief 
Omgekrapte maag:  barsblerts 
Oorgewig:  duidelik sigbaar 
Sakrekenaar:  sompompie 
Lyftaal:  skeletklets 
Ski-pants:  sellulietsokkies 
Snelweg:  boete roete 
Springmielies:  kitskoring 
Tipex:   flater water 
Tissue:  snoetsponsie 
Burp:   keelknal 
Graanvlokkies:  olifantskilfers 
Slaap:  lappetrap 
Ouetehuis:  kieriekoshuis 

Friday, 8 September 2023

Terugvoering van ons lesers

[Hier volg 'n paar uittreksels uit verskillende boodskappe/e-posse/gesprekke - dankie vir elkeen wat terugvoer gee. Dit is 'n goeie aanduiding waarvan die lesers hou en wat maar uitgelaat kan word. Terugvoering vorm 'n belangrike bestanddeel van hierdie blog.]  

* Ek het nou die blog gelees. Dit is die mooiste mooiste Afr., ek wens ek kon só skryf.  

Kan ons meer inspirasiestories kry, asseblief?

* Dankie vir al die ure se werk wat in die blog gesit word. Ons waardeer dit.

* Alles is hartvat, dit vat aan jou hart. Waardevol vir die oumense. 'n Stunning blog!

* Ek kan nie tydskrifte bekostig nie, maar ek geniet elke dag hierdie stukkies.

* Kan julle nie meer stories van die oumense plaas nie? My kinders weet niks van my oupas se leefwyse nie en hulle glo ook nie hulle ma nie.

* Dankie vir al die positiewe stukkies. Ek sit saans by my kleindogter tot sy aan die slaap raak en dit is my blogleestyd.

* Die Angels is regtig wat hulle naam sê. Kry 'n mens in vandag se lewe nog jongmense wat só omgee vir inwoners in 'n ouetehuis soos wat ek hier op die blog sien en lees. Dankie vir die foto's. Dit is 'n bewys dat dit nie net leë praatjies is nie. 

* Ek het nie geweet van die pages langs die kant, want eintlik soos hoofstukke werk nie. Kan daar so een maal 'n week 'n herinnering na een van die pages gemaak word? Ons leer padlangs hoe om die tegnologie te gebruik - 'n woordjie hier en 'n sinnetjie daar en 'n kleinkind se vinnige wys en kortlikse verduideliking vir 'n stadige ouma en ons oumas se slimfone raak minder vreemd. 

I always spent my half an hour to read this weblog's content daily along with a cup of coffee.

Hi, thank you for putting up your site. It was quite useful and I can tell that you are actually knowledgable about the topics you blog about. Keep up the good work.

* I could not refrain from commenting. Exceptionally well written!

* Hi every one, here every person is sharing such know-how, therefore it's good to read this blog, and I used to pay a visit this webpage daily.

Hi there, I would like to follow your blog but there seems to be nowhere to register?

After checking out a few of the articles on your website, I really like your way of blogging. I saved as a favorite it to my bookmark webpage list and will be checking back in the near future. Please check out my website too and tell me what you think.

Hi there would you mind letting me know which webhost you're working with? I've loaded your blog in 3 different internet browsers and I must say this blog loads a lot quicker then most. Can you recommend a good internet hosting provider at a reasonable price?
Thanks, I appreciate it!

Thursday, 7 September 2023

Dink hieroor: Die geheim van die liefde

Ons deel in die leesvreugde van die lesers van die Tuinroete, Hessequa en die Karoo. Ons klomp hier in die NK geniet Klaas Niemandt se hartstories wat in die Graaff-Reinet Advertiser verskyn. Vandag, so tong in die kies, maar ook padlangs, vertel oom Klaas wat die drie dinge is wat só belangrik vir 'n suksesvolle vir-altyd-verhouding is."

Klik HIER as jy wil weet wat die geheim van die liefde is.

Gedagte vir die dag

Die behoefte aan dagstukkies het al 'n paar keer op die tafel geland. Die internet is vol treffende en sielsverrykende stukkies. Vir diegene wat nie op FB is nie en ook nie so vaardig met die soekenjin is nie, deel ons vandag twee skakels. Hulle is een van baie instansies wat daagliks 'n gedagte van die dag plaas. Deur die loop van die jaar sal daar ook ander skakels geplaas word, sodat julle kan aansluit of inskakel of registreer om te deel in daardie dagstukkies. 

Klik HIER om Stellenberg-gemeente se dagstukkies te lees.

Klik HIER vir Boodskap vir Vandag van Bybelmedia.

Uitnodiging: Die meer volwasse gemeentelede van 60 jaar en ouer

'n Spesiale lekker lente-bederfoggend vir al die gemeentelede wat in die lente van hulle lewe is. Kom kuier oor 'n koppie koffie of tee, kom gesels oor die ou dae, diep staaltjies en stories van weleer op en kom giggel oor die guitighede van die jongere geslag.

Sien jou daar - onthou net om vroegtydig te bespreek. 

PLEK: Dutoitspan Kerksaal
DATUM: 16 September 2023
TYD: 10:00
BESPREKING: Voor 11 September 2023
REDE: Dis heerlike lente, die winter is verby ...

Wednesday, 6 September 2023

Ons Huis: Onthou jy nog?


Kyk na hierdie vleispryse van 1973 - 50 jaar maak 'n reuse verskil - aan die ouderdom, die geskiedenis en ook die ekonomie. 

Dankie, Valerie, dat jy die stukkies onthou met ons deel. Klik HIER om meer foto's te sien. 

Woensdagwense: week 36

 

Tuesday, 5 September 2023

Dinsdag-denke: God sorg vir ons

In die konsentrasiekamp, meer as 100 jaar gelede, sit Anette Marais op ’n stomp en skud die stof van haar verslete klere af.

Rondom haar sit die groepie bekende gesigte van moeë vrouens. Net ’n paar tree verder is die hoë draad van die konsentrasiekamp. Sy slaan haar Bybel oop en begin lees. Sy het in die donker ure van die nag geworstel met God en Hom gesmeek vir ʼn boodskap om hierdie vrouens te bemoedig, want wie weet hoe lank nog ...

Anette lees die woorde van Matt 10:29 - “Is twee mossies nie vir ’n sent te koop nie, en tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie.”

Terwyl sy besig is om hierdie woorde te lees, kom sit daar ’n vaal klein mossie op haar skouer.

Die groepie vrouens staar in verbasing na wat voor hulle gebeur, en so word die mossie, die teken van hoop in die onmoontlike omstandighede van die konsentrasiekamp in Bethulie.

Dit was fantasties om in die maande wat volg te sien hoe die mossies van Bethulie ’n baken van geloof en hoop word vir hierdie vrouens.

Op 21 Mei 1902 is die oorlog verby, Anette het op pad terug na haar huis gestop by ’n vrou met invloed en haar vertel van die mossieboodskap, sy het dit weer oorvertel en genl. Jan Smuts het in 1923 die mossie op die land se kleinste muntstuk (kwartpennie) laat verskyn.

Amper 80 jaar later sit Jak de Priester in ’n park in Londen. Sy geld is op, hy kry nie werk nie, hy mis die meisie van sy drome en sonskyn en biltong. Hy slaan sy klein silwer Bybeltjie oop en lees die mossieboodskap en bid vir die soveelste keer vir werk!

Vroeg die volgende oggend lui sy telefoon en dis die oproep waarvoor hy gewag het, hy spring op die eerste trein en begin met ʼn lang dag se onderhoude. Moeg maar gelukkig en met ’n permanente werk klim hy weer laatmiddag op die trein.

Toe hy inklim, sien hy ’n muntstuk op die vloer lê, hy tel dit op, en daar op ’n trein in Londen hou hy ’n Suid-Afrikaanse 1c in sy hand, met ’n mossie agterop. Hy vertel dat die wêreld rondom hom gaan stilstaan het, dat hy besef het dat God daar by hom op die trein is en dat gebed sy waarborg is in hierdie stukkende wêreld.

Skud vandag jou geestelike beursie uit. Sit ʼn 1c neer vir geliefdes met kanker, nog ʼn 1c vir huwelike wat sukkel, ’n 1c vir iemand na aan jou hart se werksomstandighede, vir enkelouers en weduwees. Die mossieboodskap is dalk net een versie in ’n dik Bybel, maar ’n Almagtige, liefdevolle God staan agter dit!

Here, dankie, dat daar altyd hoop is. Dankie, vir bakens langs die pad wat ons help om geduldig te wees, terwyl ons wag vir U, om op die perfekte tyd ons omstandighede te verander. U is net ‘n gebed ver.

‘n Geseënde mossie-dag vir jou

[Gaan besoek die wonderlike webwerf HIER en lees die gedagte van die dag HIER]

Monday, 4 September 2023

Vandag se internetgebed vir jou: GEBED VAN ‘n OUMENS

Ek verknies my nie oor my gryse hare
Al dra ek dit vir nog baie jare
Ek kla nie oor my dowe oor
Solank ek God se stem in my hart kan hoor

Ek mor nie oor my stadige treë
Solank ek vir God my beste kan gee
Ek verknies my nie oor kwynende lewenskrag
Want God hou oor my hele lewe die wag

Al wat ek vra, genadige Heer,
Ja, ek bid dit keer op keer
Dat ek enduit op die baan sal bly
Totdat die doodsklok vir die laaste rondte lui.

Sunday, 3 September 2023

Seisoene


[Dankie, Marguerite, wat hierdie treffende stukkie met die lesers deel. Dit kom uit Milanie Vosloo se mini Bybeldagboek, Woorde wat leef.] 

Jy kwalifiseer ...

Maak nie saak wie jy is nie.
Maak nie saak wat jou agtergrond en verlede is nie.
Maak nie saak in watter omstandighede jy jouself bevind nie.
Jy moet die volgende duidelik weet en verstaan:

JY KWALIFISEER VIR DIE MOOI IN DIE LEWE.
JY KWALIFISEER VIR DIE BESTE IN DIE LEWE.
JY KWALIFISEER VIR GELUK EN VOORSPOED.
JY KWALIFISEER VIR GESONDHEID.
JY KWALIFISEER VIR GOD SE SEËN OOR JOU.
JY KWALIFISEER VIR REDDING IN JOU LEWE.
JY KWALIFISEER OM BEDERF TE WORD.
JY KWALIFISEER OM DEUR GOD GEBRUIK TE WORD.
JY KWALIFISEER VIR VERGIFNIS EN VRYMAKING.
JY KWALIFISEER VIR 'n VARS AANRAAKING DEUR JESUS.
JY KWALIFISEER VIR 'n NUWE BEGIN IN EN DEUR JESUS.
JY KWALIFISEER OM IN VERHIUDING TE WEES MET GOD.
JY KWALIFISEER VIR DIE EWIGE LEWE.

Dis te DANKE aan GOD DIE VADER EN SY SEUN JESUS CHRISTUS, dat ek en jy KWALIFISEER hiervoor. Dis genade op genade, op genade. Dankie JESUS.

Amen.

Saturday, 2 September 2023

'n Lentebesoek van ons eie engele


Vandag is daar 'n onderhoud in Netwerk24 met Annie Olivier. Sy was 'n voormalige joernalis, onder andere by Beeld en deesdae is sy 'n uitgewershoof by Jonathan Ball. 

Een van die vrae wat sy in die onderhoud moes antwoord was wie haar helde in die ware lewe is.
Gewone mense wat op 'n mikrovlak 'n verskil maak - in ouetehuise en kinderhuise, dié wat gereeld vir 'n goeie doel skenk, dié wat hul huis- en tuinwerkers regverdig vergoed. Elke mens wat help waar hulle kan.

En Annie Olivier se antwoord het my onmiddellik aan Ons Huis se Angels laat dink. Op mikrovlak het hulle vandag 'n verskil aan die inwoners se bestaan gaan maak. Dis die tweede dag van die amptelike lentemaand en daarom was dit gepas dat die Angels besluit het om vrugte en jogurt deel van hul kuiertjie te maak.

Vandag was dus so half 'n verlengde lentedag.

Talana, Millie, Percy, Betsie en Christa



Cherine, Millie, Percy, Betsie en Christa

I had a call from a scammer the other day


Me: “Hello.”

NOT-Microsoft support: “Hello. This is Bob Bobson from Microsoft Support. We are seeing a lot of virus activity from your device.”

Me: “Oh no. My device? Are you sure?”

NOT-Microsoft support: “Oh yes, we have many reports.”

Me: “Oh jeez. How can I fix it?”

NOT-Microsoft support: “It’s OK sir. We can help you right now. Are you in front of your device sir?”

Me: “Yes. I was just about to use it. I’m glad you called.”

NOT-Microsoft support: “Yes sir, we are going to help you. Can you please push the start button?”

Me: “I think it's already on.”

NOT-Microsoft support: “Okay, sir. Now you want to click on control panel.”

Me: “I don’t see that.”

NOT-Microsoft support: “Do you see a bunch of information above the start button?”

Me: “Yes.”

NOT-Microsoft support: “That is your control panel.”

Me: “Wow, I didn’t realize it had a name.”

NOT-Microsoft support: “Yes sir, now press on internet options.”

Me: “Yeah, I definitely don’t see any internet options. I don’t think I purchased that feature. This is just a cheap one.”

NOT-Microsoft support: “They all have the internet sir. Press the start button again.”

Me: “OK, it’s the same as before.”

NOT-Microsoft support: “That’s OK sir. We are going to restart your device. Can you please turn it off?”

Me: “Ummm ... I don’t know how. I’ve never turned it off. Since I bought it, it just kind of stays on all the time.”

NOT-Microsoft support: “There must be an off button on your device. How do you stop it when it’s running?”

Me: “In those cases, I usually press the big button.”

NOT-Microsoft support: “OK sir. Please press that button.”

Me: “Ok.”

NOT-Microsoft support: “Is your device off?”

Me: “No. The door popped open.”

NOT-Microsoft support: “Door? Is there a disc inside the door?”

Me: “No, there’s a burrito.”

NOT-Microsoft support: “Why is there a burrito in your computer?”

Me: “Computer? I thought you said this was microwave support.”