Heilige Gees, ek kom vanoggend weer en vertrou dat U my gedagtes sal rustig maak en in lyn met u plan rig. U verkwik my siel en lei my in die spore van u geregtigheid, om u Naam ontwil. My siel loop oor van blydskap omdat U my troos en bemoedig, en toerus vir u werk elke dag. U woord is 'n lamp vir my voet en is die lig vir my pad. Ek is vertroos en my siel is verkwik in Jesus Naam. Amen.
Monday, 31 March 2025
Sunday, 30 March 2025
Oomblik van stilte: 2 Sam. 22:4
Roep die Here vanoggend aan want Hy is lofwaardig. Gee aan God die lof, gee aan jou Skepper die eer voordat jou dag nog begin.
Al het jy nie nou enige aanvalle van die vyand nie; loof God nog steeds vir sy goedheid en sy genade, wat jou elke dag opwek en jou met wysheid en krag toebedeel, om jou doelwitte te bereik.
Doen dit en sien hoe God jou met sy rykdom van blydskap en vreugde vul.
Jy stap met 'n groot voordeel alreeds die dag in, in oorwinning in Jesus se Naam.
Dankie Here my God, vir u groot genade van u heerlike blydskap en vreugde, waarmee ek my eerste tree vir die dag kan ingaan. U is lofwaardig en ek wil vroegdag u Naam saam met die engele verheerlik en vereer. Amen
Labels:
Gebed,
Goedheid,
Mossiestilte,
Oomblik van stilte,
Pieter Swanepoel,
Samuel
Saturday, 29 March 2025
Huisgenotjies: Oues van dae
* Teen die tyd dat 'n mens wys genoeg is om in jou spoor te trap, is jy te oud om die energie bymekaar te skraap om dit nie te doen nie.
* Jy weet jy is oud wanneer jou dokter en nie die verkeerspolisie nie, jou maan om rem aan te draai.
* Jy weet jy word oud as jy jouself gelukkig ag omdat jy onthou het waar jy jou motor op die parkeerterrein gelos het.
* Jy weet jy word oud wanneer jy sukkel om jou rystoel aan die gang te kry
* Dis nogal moeilik om nostalgies te word wanneer jy niks meer kan onthou nie.
Labels:
Grysheid,
Huisgenotjies,
Lag,
LOL,
Ouderdom,
Saterdaggenotjies,
Saterdaglagmedisyne,
Wysheid
Friday, 28 March 2025
Thursday, 27 March 2025
Ouma se wenke: Algemeen
* Voorkom miet: Sit 'n kers in die meel of poeiermelk om miet te voorkom.
* Eiers: Om te keer dat eiers bars wanneer jy dit kook, sit ‘n teelepel in die kastrol.
* Room: Voeg ‘n halwe teelepel suurlemoensap by room wanneer jy dit klop; dit raak baie gouer mooi styf.
* Spek: Maak spek nat voordat jy dit in die pan braai, dit verhoed dat dit so maklik omkrul.
Wednesday, 26 March 2025
Hartsake oor 'n koppie tee: 'n Goeie vriendin
'n Vriendin is sensitief. Sy luister fyn na die binnekant van jou woorde. Sy lees tussen die lyne na dit wat jy nie sê nie. Jou warboel van emosies kry name. Name waarvan jy eintlik weggeskram het. En skielik verstaan jy jouself beter.
Met haar omgee en insig, kan jy dieper kyk na jou probleme.
In die dieptes van ellendes, hou sy jou staande.
Sy karring nie aan jou nie en sy oordeel jou nie. Sy gee jou die spasie om te besef, te besluit en dan op te tree.
Sy is eerlik en jy kan haar vertrou. By haar kan jy jou hart oopmaak en hoef jy nie jou taankrane toe te hou nie.
Jy voel veilig by hierdie goue karat vriendin.
Is ek so 'n vriendin vir ander?
Tuesday, 25 March 2025
Monday, 24 March 2025
Vandag se internetgebed vir jou: U is getrou
Dankie, Here, U het reeds 'n paar duisend jare terug met u woord vir my verlossing gebring. U kan nie lieg soos 'n mens nie. U is waarlik getrou aan u woord. Al het die mens U nooit gesoek nie, het U my tot God in u lig gebring. Ek is nou eenmaal die geseënde van die Here. Ek is dankbaar en bring al die eer aan U. Amen.
Sunday, 23 March 2025
Oomblik van stilte: Sef. 3,5
Die Here is regverdig binne-in Hom, Hy doen geen onreg nie; elke môre laat Hy sy reg aan die lig kom, dit ontbreek nooit nie; maar die kwaaddoer ken geen skaamte nie.
Die Here is regverdige en Hy bly so getrou aan Homself vir jou.
God bly weereens getrou deur vanoggend sy reg aan die lig te laat kom vir jou en dit onbreek nie; vanoggend breek sy lig weer vir jou deur soos die môreson.
Here my God, U bly in alles getrou. U voorsien vanoggend, soos elke oggend, weer aan my u reg. Soos die son verseker daagliks opkom, so is u reg vir my. Ek sal U woord in geregtigheid altyd by my hê, om in U geregtigheid te kan oorwin en aan U altyd die eer te gee. Ek is nie skaam nie, U geregtigheid leer en lei my. Amen.
Labels:
Gebed,
Goedheid,
Mossiestilte,
Oomblik van stilte,
Pieter Swanepoel
Saturday, 22 March 2025
Saterdaglagmedisyne: Oupa en ouma
* Kosie se buurmaatjie is baie nuuskierig en het 'n uitermate groot bewondering vir Kosie se ouma.
Konrad: "Gly jou ouma nog so teen die trappe af?"
Kosie: "Ja, maar net 'n bietjie stadiger vandat my pa doringdraad om die trapreling gedraai het."
* Ouma en haar oudste kleindogter drink koffie in een van die gewilde koffiewinkels. Sandy is verbaas toe haar ouma 'n yslike stuk sjokolade koek saam met die koffie bestel.
"Ek dag Ouma is op so 'n streng dieet."
"Ek is, my liewe kind. Ek doen dit net om myself te toets," antwoord ouma terwyl sy 'n groot hap neem.
"En ek druip elke keer!" sug sy.
* Oupa se broer kom kuier. Hy is bekend by die familie dat hy lekker kan eet en ook heelwat meer gewig met hom saamdra as wat gesond is. Jan is dus duidelik sigbaar. Ouma was nie baie ingenome met dié kuier nie, want dit beteken dat sy heelwat meer tyd in die kombuis moet deurbring as wat nodig is.
Sondag, net so voor middagete kom Jan daar aangery. Toe hy uit die kar uitklim, het oupa hom nie herken nie. Soos hy later vir ouma verduidelik: "Jy onthou daardie groot draak wat op sy borskas getatoeëer was?"
"Ja."
"Wel, dit is nou 'n geitjie."
Labels:
Grysheid,
Huisgenotjies,
Lag,
LOL,
Ouma,
Oupa,
Saterdaggenotjies,
Saterdaglagmedisyne,
Wysheid
Thursday, 20 March 2025
Ouma se wenke: Skoonmaak
* Juwele: Maak jou juwele skoon deur liggies met ‘n tandeborsel en ‘n bietjie tandepasta onder lopende water te borsel. Bêre juwele in eierkartonne.
* Krane: Vryf 'n kraan met ‘n halwe aartappel om dit mooi blink te kry.
* Krane: Vryf 'n kraan met ‘n halwe aartappel om dit mooi blink te kry.
* Bril/horlosieglas: Krapmerke op ‘n bril of horlosie kan met‘n stukkie watte waarop Brasso is, gevryf word.
* Matte: Meng lou water met ‘n handvol sout en 60 ml of meer asyn. Borsel matte met mengsel. Dit bring die kleur weer mooi na vore.
* Messe: Vryf messe met suurlemoensap sodat dit weer mooi kan blink.
Wednesday, 19 March 2025
Hartsake oor 'n koppie tee: Slaap
As 'n mens sukkel om te slaap en jy rol van die een sy na die ander rond, kan jy hierdie sukkel-slaap-tyd omskep in 'n spesiale tyd. Die belangrikste is om nie te stres omdat jy nie kan slaap nie.
* Gaan klim teen middernag in 'n lekker skuimende warm bad.
* Maak vir jou 'n verfrissende koppie kruietee.
* Kyk na 'n heerlike video of luister na rustige musiek.
* Maak 'n lysie van genadedinge op jou pad.
* Bid vir almal wat swaarkry - begin by hulle wat die naaste aan jou is.
* Maak 'n lysie van bederfdinge wat jy vir jouself kan doen.
* Maak 'n lysie van dinge waarvoor jy dankbaar is - reën, 'n koel windjie wat in die warm somermaande waai, dat jy vandag meer krag het as gister, 'n boodskap van 'n goeie vriendin, 'n lekker koppie tee, 'n onverwagse oproep van 'n gemeentelid/kennis/verlangse familielid.
Kort voor lank, behoort die slaap aan jou deur te klop.
Labels:
Bederfdinge,
Dankbaarheidslysie,
Genade,
Hartsake,
koppie tee,
Teetyd
Tuesday, 18 March 2025
Monday, 17 March 2025
Vandag se internetgebed vir jou: 'n Melodie van lewe
Here, U het weer 'n melodie in my lewe gegee toe
my hart nie meer die lied van die lewe wou sing nie.
U het soveel keer my uit die donker dieptes van
die lewe kom haal, juis wanneer ek dink als het
my gefaal, maar Heer, U het my totaal verstom,
toe ek heel by die wenpaal anderkant uitkom.
Daarom buig ek vanaand my knieë in gebed en
sê: "Dankie Heer vir dit wat ek het".

Amen
Sunday, 16 March 2025
Oomblik van stilte: Jes. 64:8
Maar nou, Here, U is ons Vader; ons is die klei, en U is ons Formeerder, en ons almal is die werk van u hand.
Is jy besorgd of bekommerd omdat jy voel jy is nie op die regte plek, of jy het jou roeping gemis? Onthou, God is jou Formeerder en "bou" nog steeds aan jou.
Vertrou die Here en gee Hom kans om sy werk te doen.
Moenie God se werk vir Hom probeer doen nie. Jou beste werke is soos 'n wegwerplike kleed.
As jy volmaak wil wees, wees onderdanig aan God en laat Jesus sy werk voltooi in jou. Net Hy is getrou en net Hy kan jou volmaak formeer.
Here, ek is die werk van u hande. Ek vertrou U alleenlik. Ekself is onbetroubaar en kan nie bereik wat ek moet, sonder u hulp en leiding nie. U het reeds vir my 'n weg berei en U hou my weg van die kwaad en skadelike pad, wat die vyand vir my voorberei. Dankie Here vir u volmaakte weg vir my berei. Met U is ek meer as 'n oorwinnaar. Amen.
Labels:
Gebed,
Goedheid,
Jesaja,
Mossiestilte,
Oomblik van stilte,
Pieter Swanepoel
Saturday, 15 March 2025
Saterdaglagmedisyne - terloops gehoor
* "Hulle sê sulke mooi dinge oor 'n mens wanneer hulle hulde bring by 'n begrafnis, ek word sommer hartseer wanneer ek daaraan dink dat ek my eie een sal misloop."
* Koos, Stoffel en Gert sit en gesels een middag op die stoep van die ouetehuis. Hulle het pas van 'n vriend se begrafnis teruggekeer.
"Daar was darem mense wat goeie woorde oor ou Jan te sê gehad het," sê Gert.
"Mmm, " sê Stoffel, "ek sit nou reeds en wonder. Wat sou jy nou die graagste van jouself wou hoor as jy nou te sterwe kom, Gert."
"Dat ek een van die beste voormanne van alle tye op die myn was en daar nooit op my skof iets verkeerd geloop het nie. En jy, Stoffel?"
"Dat ek 'n uitstekende eggenoot en vader was. Wat sê jy, Koos?"
"Wat ek die graagste sal wil hoor wanneer ek daar in die kis lê?"
"Ja."
"'Kyk, hy beweeg!'"
Labels:
Grysheid,
Huisgenotjies,
Lag,
LOL,
Saterdaggenotjies,
Saterdaglagmedisyne,
Wysheid
Friday, 14 March 2025
Gemeentestaaltjies: Staaltjies uit die sestigers ...
![]() |
Mev. Smittie van der Westhuizen |
As dit tyd was dat die Morris gediens moet word, sal jy vir Smittie onder die enjinkap van die motor by die pastorie kry, besig om in die laat sestiger jare te doen wat nie algemeen bekend was as werk vir vroue nie. Klaar met haar taak, het sy hande skoongemaak, hakskoene aangetrek en was sy reg vir wat ookal volgende op haar te doenlysie was. (As ek nou terugdink ... dan was sy haar tyd dekades vooruit!)
Smittie, 'n gemeentelid van Dutoitspan in die sestigers en sewentigers, is tans 'n inwoner van Ons Huis.
[Bron: Dutoitspan Kimberley Die lewe is 'n reis - Woensdag, 18 Oktober 2017]
Thursday, 13 March 2025
Ouma se wenke: Lastige plae
* Muskietbyte: doop ‘n stukkie watte in Engelse sout en warm water en plaas op bytplek.
* Kakkerlakke: Om ontslae te raak van kakkerlakke, plaas piesangskille in kaste en op rakke.
* Miere: Sit ‘n stukkie suurlemoen neer waar miere in die huis pla. Meng ewe veel koeksoda en Engelse sout en strooi oral by die probleemareas rond. Die miere sal die wyk neem en dis nie gevaarlik vir kinders en troeteldiere nie.
* Motte: Engelse sout in kaste waar linne gebêre word - dit hou motte weg. Droog lemoenskil in die oond en plaas dit in laaie en kaste om motte uit te hou. Jy kan ook ‘n paar koekies seep in jou linnekas sit. Dit sal die vismotte weghou en gee ook ‘n aangename reuk aan die linne.
* Muise: Gooi pepermentolie voor/in muisgate.
* Muskiete: Sit ‘n piering asyn langs jou bed om die muskiete weg te hou. 'n Paar druppels sitronella-olie op jou nagklere en kussingslope hou ook muskiete weg.
* Slakke: Maak die beddings goed nat en sodra slakke te voorskyn kom, gooi tafelsout op hulle.

Tuesday, 11 March 2025
Monday, 10 March 2025
Sunday, 9 March 2025
Oomblik van stilte: Jes. 41:13
Want Ek, die Here jou God, gryp jou regterhand aan Ek wil vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou.
As die dag vir jou net te veel voel en die uitdagings jou wil oorweldig is hierdie woord vir jou.
Ps. 94:11-12 Welgeluksalig is die man, o Here, wat U onderrig en wat leer uit u wet,
om hom rus te gee van die dae van teëspoed, totdat die kuil vir die goddelose gegrawe word.
Ps. 91:14-16 Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken.
Hy sal my Naam aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en leer aan hom gee. Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien.
Dankie Here, ek vertrou op u woord en gee U al die eer. U leer my en U beskerm my. Ek is nie bevrees nie, gryp my regterhand aan; U help my. Amen.

Saturday, 8 March 2025
Gedig: Droomvlerke
'n hart wat droom, 'n siel so goed.
Jou stem, 'n lied, 'n vrye vlug,
Jou drome, hoog, 'n veilige brug.
Die verlede se skadu's nou verby,
Jou toekoms blink, so helder vry.
Met droomvlerke gesprei, jy styg,
'n wêreld nuut, waar hoop verkry.
Vir elke vrou, 'n ster se skyn,
Jou drome groot, jou pad, goddelik fyn.
Vandag vier ons, jou krag en trots,
Jou droom se vuur, wat nooit verstoot word.
[Digter: Israel Xaba - baie dankie vir hierdie wonderlike woorde op Internasionale Vrouedag!]
Labels:
Digter,
Gedig,
Internasionale dag,
Internasionale Vrouedag,
Israel Xaba
Saterdaglagmedisyne: Oupa en ouma
* Kleinseun aan sy oupa: "Wil Oupa 'n grappie verkeerd-om hoor?"
Oupa: "Ja, dit sal 'n eerste wees."
Kleinseun: Nou dan moet Oupa eers lag."
* Hoekom het oupa Daan 'n houtperd in sy ouetehuiskamer?
Wel, die dokter het gereken dat oupa te gespanne is en hy moet vir hom 'n stokperdjie kry om hom besig te hou.
* Ouma is baie trots op die feit dat sy nog op 80 haar eie motor bestuur. Almal in die woonbuurt weet egter om die blou Datsun en sy bestuurder met respek te hanteer en só is gepaste afstande dikwels noodsaaklik. Op 'n goeie sonnige blou Maandag moes 'n verkeerskonstabel tussenbeide tree.
Verkeerskonstabel aan ouma: "Ja, Mevrou, ek besef die meneer het voor u ingeloop, maar u moet onthou dis sy grasperk."
Labels:
Grysheid,
Huisgenotjies,
Lag,
LOL,
Ouma,
Oupa,
Saterdaggenotjies,
Saterdaglagmedisyne,
Wysheid
Friday, 7 March 2025
Thursday, 6 March 2025
Ouma se wenke: Algemeen
* Kaas: Voordat jy kaas rasper, smeer eers botter oor die rasper om die skoonmaak agterna makliker te maak.
* Groente: Draai groente in waspapier toe, voordat jy dit in die yskas sit, dan bly dit langer vars.
* Miet: ‘n Lourierblaar of twee in ‘n houer met pasta sal miet daaruit hou.
* Eiers: As jy eiers bak, sprinkel ‘n bietjie sout of meel oor die olie voordat jy die eier in die pan breek. Die eier sal dan nie aan die boom van die pan vassit nie.
* Braaivleis: Moet nooit braaivleis met ‘n vurk steek wanneer jy dit op die kole omdraai nie, gebruik eerder ‘n braaitang vir sappigheid.
Wednesday, 5 March 2025
Gebed voor ete
Die nuwe dominee op die dorp word uitgenooi na 'n manne-ontbyt saam met 'n groep boere. Hulle vra een van die ouer boere om die seën vir die ete te vra.
"Here," begin hy.
"U weet hoe ek karringmelk haat?"
Die dominee is geskok. Hy loer onderlangs na die boer. Hy is ongemaklik, hy weet nie wat om te dink nie.
"Here ek haat varkvet," bid die boer voort.
Die dominee is geskok. Hy loer weer onderlangs na die boer. Hy is ongemaklik, hy weet nie wat om te dink nie.
"En Here, U weet dat ek rou koekmeel nie kan vat nie," bid die boer voort.
Die dominee loer weer en sien dat van die ander boere ook ongemaklik raak.
Die boer bid voort: "Maar Here, wanneer ons dit alles saamgooi, dit meng en bak, kry ons die lekkerste beskuit.
So, Here, wanneer dinge gebeur waarvan ons nie hou nie, wanneer die lewe druk en ons sukkel om te verstaan wat U vir ons wil sê, help ons om te ontspan en op U te wag, terwyl U die bestanddele meng en die beskuit bak.
Ons kan nie wag vir die beskuit nie.
Daar is baie dinge waarvan ons nie hou nie en die mengproses is nie altyd lekker nie, maar kom ons ontspan en fokus op die eindproduk. Kom ons sien met verwagting uit na dit wat God vir ons wil gee.
My "beskuit" is in die Here se oond!! Ek kan nie wag nie . . !
Amen!!"

[Dankie, Valerie, vir hierdie ongelooflike les.]
Labels:
Beskuit,
Bestanddele,
Dominee,
Gebed,
Predikant,
Valerie Kilian
Tuesday, 4 March 2025
Monday, 3 March 2025
Vandag se internetgebed vir jou: Verlig, versterk en herstel
Liewe Heer,
Verlig dit in my wat donker is.
Versterk dit in my wat swak is.
Herstel dit in my wat gebreek is.
Verbind dit in my wat gekneus is.
Heel dit in my wat siek is
Verlig dit in my wat donker is.
Versterk dit in my wat swak is.
Herstel dit in my wat gebreek is.
Verbind dit in my wat gekneus is.
Heel dit in my wat siek is
en laastens verlewendig die vrede
en liefde in my wat dood is
Amen
Amen
Sunday, 2 March 2025
WATERDRUPPEL vir die WEEK = Die resep
Groete en Vrede!!!
Dit was Vrydagoggend laat toe die Genadewa onder Lemoenkolk se oop stoor staning gemaak het. Lemoenkolk, is ‘n Kalahari-plaas wat so stukkie oos van die potloodstreepgrensdraad tussen Suid-Afrika en Namibië lê.
Kort ná die vriendelik groet is ons sagte stoele toe en is die gasstoof brand gesteek. Maar dié oggend was daar veel meer as net drinkgoed. Saam met die koffiebekers en natuurlik 'n tee koppie vir die Mooiste Mooi word kleinbordjies en koekvurkies ook heel deftig uitgepak. Vandag is spesiaal want vandag eet ons wortelkoek vir die heel eerste keer op Lemoenkolk.
Ek sal die smaak van daardie wortelkoek nie gou kan of wíl vergeet nie … selfs tot in my kierieloopdae. Die enigste woord om hierdie smaaksensasie te beskryf is “perfek!” Alles omtrent hierdie wortelkoek was perfek. Versigtig steek ek so ’n klein hoekie af en sit dit in my mond. Met skilpadspoed smelt die stukkie wortelkoek weg. Dis sekerlik hoe die Hemel moet proe, dink ek by myselwers, want die smaak is hemels. Ek kan nie besluit of die stukkie hemelgeskenk bekyk, geruik of geëet moet word nie. Die aroma, die tekstuur, die vogbalans, die versiering asook die aanbieding was onverbeterlik. Vir ‘n tweede keer sit ek weer ‘n klein stukkie in my mond en vir ‘n tweede keer smelt die wortelkoek bietjie vir bietjies weg.
Die resep; ek moet hierdie wortelkoek se resep kry. Alles draai tog mos maar om die resep. Van die vroegste tye af word resepte al gedeel, uitgeruil en oor en weer gestuur. Dit verseker dat die lekkerte wyd oor die vlak kan loop.
Selfs die Skeppergod het ’n resep uitgedeel. Hy het vir die 99-jarige Abram ’n resep vir voorspoed, beskerming en guns gegee. ’n Resep met net twee bestanddele wat in bykans enige verhouding gemeng kan word. Die eerste is om voor Hom te leef en die tweede om onberispelik te wees Net dit. Niks meer en niks minder nie.
Goddelike voorspoed, beskerming en guns vra geen formule, geen reëls, geen wette, geen ordonnansies of regulasies wat nagekom moet word nie. Al wat nodig is vir hierdie Godgegewe lekkerte, is om voor Hom of in Sy teenwoordigheid te leef en om onberispelik te wees. So maklik soos dit. Vir Hom is dit genoeg, meer as genoeg, want Hy weet alles en Hy verstaan alles.
Deesdae probeer ek nie eers Lemoenkolk se wortelkoek bak nie. Nee wat, ek bêre daardie smaaksensasie vir elke keer as ek en die Mooiste Mooi die voorreg het om op Lemoenkolk wortelkoek te kan eet. En klokslag as ons op Lemoenkolk oorstaan en bederf word met wortelkoek, dink ek aan die bejaarde Abram se resep wat die Skeppergod vir die mensegoed gegee het. ’n Resep vir voorspoed, beskerming en guns met slegs twee bestanddele. Leef voor Hom en wees onberispelik.
Gen 17 vers 1 (Afr 20) = "Toe Abram nege-en-negentig jaar oud was, het die Here aan Abram verskyn en vir hom gesê: “Ek is God, die Almagtige. Leef voor My, en wees onberispelik!”
Sandkorrel baie seëninge.
Los jou voetspore as jy wil by:
Divine Life Bediening (HJ & Dalene Cronjé)
Selnr: 082 772 2192
WhatsApp: 081 568 7549

Klik HIER om meer van ons doen en late te lees. Kontak ons gerus en sit ons op jou gebedslysie, asb.
[Dankie, Valerie, wat so gereeld hierdie wonderlike WATERDRUPPELS met ons deel. Dit is só spesiaal en mag hierdie voetspore ook hulle pad vind na waar die behoefte die grootste is.]
Saturday, 1 March 2025
Saterdaglagmedisyne - Blondinegrappe
Aan die eertydse blondines in Ons Huis wat nou almal getooi is met grysheid en gepaardgaande wysheid: geniet hierdie grappies ...
* Daar is 'n baie goeie rede waarom blondines nie teetyd by die werk kry nie.
Dit vat te lank om hulle weer op te lei.
* Die blondine besoek 'n groot hoenderplaas en die eienaar wys haar 'n bietjie rond en verduidelik vir haar van die verskillende soorte hoenders.
"Maar, Piet," wil sy fronsend weet, "Watter hoenders lê dan die roereiers?"
* Hoe weet 'n mens dat die blondine in die kombuis was?
Daar is paperborde in die skottelgoedwasser.
* Die blondine is besig om 'n nuwe resep uit haar ouma se Kook en Geniet te maak. Hoekom staan sy roerloos voor die stoof?
Die resep sê uitdruklik: "Moenie roer nie."
[Dankie aan almal wat so ywerig bondine-grappies ingestuur het - nooit besef daar is soveel grappies/waarhede oor blondines nie.]
Labels:
Blondine,
Grysheid,
Huisgenotjies,
Lag,
LOL,
Saterdaggenotjies,
Saterdaglagmedisyne,
Wysheid
World Compliment Day
MARCH 1 - WORLD COMPLIMENT DAY! The most positive day in the world! This year needed more than ever. Don’t you agree? On this day, take the time to give someone a genuine, pure hearted compliment. It just might make their day!
The power of a compliment is pretty remarkable: either giving or receiving one can boost your happiness and confidence — making the act a win-win.
Enjoy your day!
Labels:
Dankie,
Komplimente,
Motivation,
World compliment day
Subscribe to:
Posts (Atom)