KREDIETKAART: Iets wat die meeste mense gebruik wanneer hulle ontdek geld kan nie alles koop nie.
BEGROTING: Iets wat jou laat wakker lê nog voor jy jou geld bestee.
BELASTING: Die beloning vir energie, harde werk en spaarsamigheid.
ALMANAK: 'n Kaart waarop jy kan sien hoe om by Kersfees uit te kom.
BABA: 'n Soort engel waarvan die vlerke korter word namate die bene langer word.

ETENSTYD: Die enigste tyd wanneer 'n kind nie wil eet nie.
MATRIEKSERTIFIKAAT: 'n Kwitansie wat 'n kind ontvang vir die rekening wat sy pa betaal het.
GESINSVAKANSIE: Wanneer jy alles saamneem waarvan jy eintlik wil wegkom.
KORTPAD: 'n Pad waarop jy niemand kan kry om jou te sê waar jy is nie.
MIDDELJARE: Wanneer jy jou emosies vir simptome verruil.
MÔRE: 'n Plek waar jy alles kan aflaai wat jy gister moes gedoen het.
NOODHULP: Jou kans om gesond te word voordat die dokter jou beetkry.
OUDERDOM: Wanneer jou ledemate harder kraak as jou stem.
POU: 'n Hoender wat blom.

KRAAI: Spreeu in 'n aandpak.
ROLSKAATSE: Tekkies sonder remme.
SNIPPERMANDJIE: Iets wat tieners altyd mis kyk.
TAKT: Die vermoë om jou mond toe te maak voor iemand anders dit vir jou doen.

WEERVOORSPELLER: Iemand met wie die weer nie altyd saamspeel nie
No comments:
Post a Comment