Sunday 15 September 2024

Alternatief: Kies een van hierdie 5 Bybelleesplanne


Klik gerus HIER om 'n Bybelleesplan te kies wat by jou behoeftes pas. En terwyl jy op Kruispad e-tydskrif se webwerf is, kan jy gerus 'n bietjie hier rondkuier. Daar is soveel pitkos en stof tot nadenke. 

Oomblik van stilte: Hos. 12:7

En jy, tot jou God moet jy terugkeer, beoefen liefde en reg; en hoop gedurigdeur op jou God.

Laat die wêreld los al is dit baie moeilik en fokus op God en wees lief vir mense. Daar is vir jou net een God. Die God wat alles gemaak het vir Hom alleen moet jy lewe. Christus het vir jou die ware lewe gegee (1 Kor. 8:6)
Die een wat sy lewe ter wille van Jesus verloor sal dit vind maar hy wat sy lewe wil behou sal dit verloor (Matt. 10:39)

Dankie Here, vir die goeie gawe van die ewige lewe. Ek is so dankbaar dat U vir my die ewige lewe gegee het toe ek nog dood in my sondes was. Ek het deur die doop as teken, saam met U gesterf en weer in 'n nuwe lewe opgestaan. Leer my ook die skepping wat U so lief het, ook lief te hê. U is my Redder, my Geneesheer en my Vredevors. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]

Saturday 14 September 2024

Saterdaglagmedisyne


Winskopie by die lekkergoedtafel van die kerkbasaar
Jimmy: Tannie, hoeveel kos die los lekkers?
Tannie: Ses vir R5.
Jimmy: O, dis dan vyf lekkers vir vier rand. Vier vir drie rand, drie vir twee rand, twee vir een rand en een vir niks! Gee my asseblief een, dankie Tannie!

Friday 13 September 2024

Bybelleesprogram: Lees vir 'n 100 dae - week 11 dag 5

Weekly message from the angels


You are all wonderful!

Terugflits: Bly by die hoofsaak

Indien 'n mens wil, kan 'n mens darem baie by ander mense leer. Eintlik het elke mens soveel dinge om ander mense te leer. 

Ons dink nie altyd ons kan by almal iets leer nie, maar ons kan.

Ouers kan by hul kinders leer en kinders by hul ouers, 'n werkgewer by 'n werknemer, kollegas by die werk van mekaar en rykes by armes en armes by rykes, jong mense by ou mense en ou mense by jong mense.

Vandag vertel ek van iemand by wie ek 'n baie belangrike lewenswysheid geleer het. Om dit te kon leer was een ding; om dit prakties toe te pas, was iets heeltemal anders.

Vandag nog herinner ek my by herhaling aan 'n lewensles wat 'n saak heeltemal kan omgooi. Hy is 'n direkteur van maatskappye, 'n belangrike en vername man, sy hele lewe is 'n geslinger van vergadering tot vergadering - sy dag bestaan uit die deurwerk van agendas, die een ná die ander.

'n Nederige mens met 'n nugtere uitkyk op die lewe. Tog sal hy een sinnetjie gereeld herhaal. Op vergaderings, buite vergaderings, wanneer hy kuier of wanneer hy werk.

Een saak staan vir hom bo al die ander sake uit. Hy leer dit ook vir ander mense. Hy het dit vir my geleer.

Die hoofsaak van die hoofsaak is om by die hoofsaak te bly

Dit klink so belaglik. Tog is dit so wesenlik. Ons maak in gesprekke so baie Rooikappie-afdraaipaadjies op vergaderings, in die lewe, in ons besluite en in ons denke. Ons kan dit maar leer en onthou en leef. Bly by die hoofsaak van die hoofsaak.

Moenie jou laat mislei deur allerhande afdraaipaadjies nie.

Dit maak jou net deurmekaar en bemoeilik sake.

Of dit nou in jou lewe is en of dit op 'n vergadering is, of jy groot besluite moet neem of sommer kleintjies. Bly by die hoofsaak. Moenie fokus verloor nie, want deur nie te fokus nie, verloor jy tyd en vergeet jy waaroor dit gaan. So eenvoudig: Bly by die hoofsaak van die hoofsaak.

[Noordkaap - Twyfelhoekie - Hannes Noëth]

Tuesday 10 September 2024

Bybelleesprogram: Lees vir 'n 100 dae - week 11 dag 2

Tips from Granny

* Your neck and hands give away your age. Slather them with sunscreen every day.
* Manners will take you where your money won’t.
* Dress for success.
* Bright colors are happy colors.
* No outfit is complete without lipstick.
* Whiten clothes with lemon juice.
* Boil cinnamon for a sweet-scented kitchen
* To keep your skin young, sleep on your back.
* Buy seasonal produce to freeze or can.
* Shop once a week with a list.
* Stop accumulating stuff
* Never lie, and stand up for yourself.
* Never let anyone bully you.
* Eat your vegetables.

Monday 9 September 2024

Bybelleesprogram: Lees vir 'n 100 dae - week 11 dag 1


Tyd het gevlieg. Die afgelope 10 weke het ons 50 Skrifgedeeltes uit die Ou Testament gelees. Dit is my gebed dat almal dit as ontmoetings met die lewende Here beleef het. Die aangehegde is ons afskop van 50 Nuwe Testament-lesings. Seën. 

Vandag se internetgebed vir jou: Beskerming


Sunday 8 September 2024

Oomblik van stilte: Jes. 64:2(b)

Maar op hierdie een sal Ek let: op hom wat arm is en verslae van gees, en wat bewe vir my woord.

Die Here wil net in die beste van jou belange optree en aan jou voorsien.
Die Here luister en Hy hoor jou voordat jy nog roep; terwyl jy nog spreek verhoor God jou (Jes. 65:24).
Die Seun van die mens het gekom om te red wat verlore is (Matt. 18:11).
Hy sal alles los en jou kom soek wat verlore is (verg. Matt. 18:12).

O Here, Vredevors, Herder van my siel, U sal ek verkies. In hierdie oggend, lig ek u Naam en wil my hart 'n nuwe lied tot U verhef. U sal my red, en U sal op almal let wat verslae van gees en arm is. U arm is nie te kort om te help nie. U let op almal wat bevrees is vir U, dis waar ware wysheid begin. Laat U grootheid aan almal bekend word vandag in Jesus Naam. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]

Saturday 7 September 2024

Saterdaglagmedisyne


Impossibilities in the world

1) You can't count your hair.
2) You can't wash your eyes with soap.
3) You can't breathe when your tongue is out.
[Put your tongue back in your mouth, you silly person.]

Ten (10) things I know about you:

1) You are reading this.
2) You are human.
3) You can't say the letter ''P'' without separating your lips.
4) You just attempted to do it.
6) You are laughing at yourself.
7) You have a smile on your face, and you skipped No. 5.
8) You just checked to see if there is a No. 5.
9) You laugh at this because you are a fun loving person & everyone does it too.
10) You are probably going to send this to see who else falls for it.

Friday 6 September 2024

Bybelleesprogram: Lees vir 'n 100 dae - week 10 dag 5

Vrydag-terugflits: Geitjie in die Boeing

Wys my 'n meisiekind met sproete en oranjerooi hare en ek wys vir jou 'n geitjie, sê 'n mooi vrou met swart hare en bottelkuite in die vertreksaal van die lughawe.

Sy sê dit op 'n goedige manier, want die rooikop met die sproete na wie ons sit en kyk, is nie ouer as ses nie.

'n Geitjie - as iemand nie dié uitdrukking ken nie - is 'n parmantige meisiekind, soos die een wat haar verloofde in die woonstel bokant myne met die konfytkant van 'n sny brood geklap het.

Eintlik ken ek heelparty stories van rooikoppe, soos van die enetjie in Australië wat paljas op ons toebroodjies wou smeer omdat ons in haar eetplek Afrikaans gepraat het, maar dit is 'n lang storie.

Nietemin. Soos dit dikwels gebeur wanneer 'n mens in die vertreksaal na iemand sit en kyk, beland ek en die geitjie in die vliegtuig langs mekaar; ek met my koerant en sy met haar handsakkie van plastiek.

Sy ken die vliegtuigryery, want sy gord vas en kyk by die venster uit voordat ek kan aanbied om haar te help. Sy draai eintlik haar rug na my toe, asof sy daarmee wil sê sy het nie geselskap nodig nie.

Die Boeing trek al hier by 6000 meter toe sy terugdraai en 'n peperment uit die handsakkie haal. Toe kyk sy vir die eerste keer na my - na my hande, my das, my kraag, my bril en my hare en terug tot by die hande.

"Wanneer kom die koeldrank?" vra sy.

Op dié manier raak ons darem so half aan die gesels, al steur sy haar nie aan vrae nie en doen sy self die vrae-werk. "Waar's jou vrou?" wil sy weet. Hoekom vlieg sy nie saam nie? Hoeveel kinders het julle? Hoe oud is hulle? Wat's hulle name?"

Sy vra 'n Sprite en twee pakkies grondboontjies toe die lugwaardin verbykom.

"Lees jy by die huis ook heeltyd koerant?" vra sy toe ek naderhand die agterstallige leeswerk probeer inhaal.

"Kyk jy saans televisie of speel jy met jou kinders?"

Toe ons oor die Grootrivier vlieg, wys ek haar die blink lint en sê dit is waar ek grootgeword het.

"Woon jou ma-hulle nog daar?" hervat sy haar ondervraging.

"Wanneer gaan jy vir hulle kuier? Gaan jou kinders saam? Is jou ma-hulle lief vir jou kinders?"

Toe die ete bedien word, weet ek nog nie eens wat haar naam is nie, en sy weet omtrent alles van my, behalwe my banknommer.

Sy hoop ons kry nie hoender nie, want die hoender in 'n vliegtuig is nie soos Kentucky nie, sê sy. As ek nie my kaas en sjokolade wil hê nie, sal sy dit vat.  Sy vat altyd vir haar ouma 'n stukkie vliegtuigkaas en die stukkie sjokolade.

Nou weet ek darem sy gaan by haar ouma kuier.

Nadat sy haar kaas en sjokolade geëet het en myne in die handsakkie gebêre het, waag ek dit om haar oor haar ouma uit te vra. Dié woon in Belville, wat nie ver van die see af is nie, maar te ver om te stap.

Eers toe die vliegtuig oor die Kaapse Vlakte sak, sê sy haar naam is Mariaan en sy word so vies wanneer haar ouma Marie-jaan sê. Haar ouma en oupa wat dood is, het ook so Marie-jaan gesê.   

Die Boeing hardloop al op die aanloopbaan toe ek verneem sy woon in Johannesburg by haar oupa en sy nuwe vrou, wat baie jonger as haar ouma is, maar nooit tyd het om te gesels nie. Dit is dié dat sy dikwels vir haar ouma in die Kaap gaan kuier.

Iets sê vir my, nou weet ek soveel van haar soos ek behoort te weet. Dit is die rede hoekom ek nie verder uitvra nie.

Toe die passasiers begin toustaan om af te stap, klim die geitjie oor my bene om in die paadjie te kom. Sy sê dankie vir die kaas en die sjokolade en sy hoop ek gaan gou terug huis toe, want my kinders sal verlang.

Ek sit en wag maar dat die mense begin uitstap terwyl die een vraag in my brand; die vraag wat ek te bang was om te vra.

Sy stap eers 'n entjie saam met die tou, maar toe draai sy om en kom fluister in my oor voordat sy wegskarrel: "My pa het my ma geskiet en nou sit hy in die tronk, want hy's 'n moordenaar."

Gerhard Burger

[Die Taalgenoot - Kortom - Gerhard Burger - Julie 1992] 

Klik HIER en word deel van Die Taalgenoot-familie. 

Wednesday 4 September 2024

Sekretaressedag: Dankie, administratiewe personeel


Dankie aan die kantoordames en die administratiewe personeel wat 'n baie belangrike rol in die daaglikse funksionering van ACVV Ons Huis speel. Julle almal word waardeer.

Woensdagwense: week 36

Bybelleesprogram: Lees vir 'n 100 dae - week 10 dag 3

Tuesday 3 September 2024

Later ... wanneer is dit?

Skaars het die dag begin, dan is dit al sesuur saans.
Skaars breek Maandag aan, dan is dit weer Vrydag.
... en die maand is verby.
... en die jaar is verby.
... en so vergaan 30, 40, 50, 60 jare van ons lewens.

Skielik besef ons, hoeveel mense ons al verloor het. 
Ouers, familie, vriende en kennisse.
'n Terug is daar nie!
So laat ons die tyd geniet, wat ons nog oor het.
Laat ons nie ophou om tyd te gebruik, soos dit ons gelukkig maak nie.
Laat ons kleur voeg by ons gryse dae!
Laat ons glimlag oor dinge wat ons harte streel.
Ons moet die tyd wat ons oorhet, met rustigheid en vertroue geniet: die woord "later" uitskakel
Ek doen dit later ...
Ek sê dit later ...
Ek sal later daaroor dink ...
Ons los alles altyd vir later!
Later is dalk te laat! 

Want, wat ons nie verstaan nie is:
Later is die koffie koud.
Later het prioriteite verander.
Later is die sjarme gebreek.
Later is die gesondheid verby.
Later is die kinders groot.
Later is ons ouers oud.
Later word gesprekke vergeet.
Later verander dag na nag.
Later eindig die lewe ...
En dan is dit te laat!

So asseblief, moet niks uitstel tot later!
Want intussen kan ons die beste oomblikke verloor ...
Die beste ondervindinge
Die beste familie
Die beste vriende
Vandag is dié dag! 
Die oomblik is nou!

Ons is nie meer jonk genoeg, om dinge wat vandag gedoen kan word, na môre te skuif nie.
Kom ons wees vandag net dankbaar vir diegene wat deel van ons lewens is.
Kom ons gee vandag 'n kompliment vir hulle wat ons pad kruis.
Kom ons reik vandag uit na iemand wat ons regtig nodig het.
Kom ons besoek vandag iemand wat siek is of bedlêend is en wat verlang na geselskap.
Kom ons bid vandag vir ons familie, vriende, die kerk, ons leiers op alle terreine en ons land.
Vandag is dié dag! 
Die oomblik is nou!
Môre is dalk te laat ...

[Dankie, Elmari, wat hierdie stukkie met ons deel.] 

Bybelleesprogram: Lees vir 'n 100 dae - week 10 dag 2

Monday 2 September 2024

Bybelleesprogram: Lees vir 'n 100 dae - week 10 dag 1

My naam is ...

Soek My nie in gister se trane en teleurstellings nie ...
My Naam is nie:
Ek was nie ...

Soek My nie in môre se
vrese en onsekerheid nie ...
My Naam is nie:
Ek sal wees nie ...

Soek my in die hier en nou ...
Vind My in vandag se
volheid van genade ...
My Naam is
Ek is ...

Sunday 1 September 2024

1000 dankies vir die ondersteuning gedurende die fees!!

ADASA- en ACVV-stalletjie by Yonder Hartsfees


'n Yslike-uit-die-hart-uit-dankie!!

Foto's: Ronell van Wyk

Oomblik van stilte: Jes. 54:11 & 12

Jy, ellendige, deur storm gejaagde, ongetrooste! Kyk, Ek lê jou stene in sierklei, en Ek grondves jou in saffiere; en jou borswerings maak Ek van robyne en jou poorte van karbonkels en jou hele ringmuur van edelgesteentes.

Partykeer moet alles eers uitmekaar val sodat dit op die regte manier weer bymekaar kan kom. Dit beteken soms dat jy jou posisie, status en al die aardse goed moet verloor. Met jou eie sterkte, krag en goeie ambisie, sal jy dit nooit weer aanmekaar en reg kry nie. God wil vandag vir jou wys hoe sy woord skep en herskep; maak en weer bymekaar maak en reg maak.

Dankie Here, my God en ewige Vader, U herskep my in sierklei. U is die pottebakker en ek is die klei. U laat my met eer terugkeer in sierstene en edelgesteentes. Dit wat ek nie verdien nie gee U my. U geregtigheid kom na my en word my deel. Ek is herstel en wedergebore om te kan skyn in U ewige koninkryk. Aan U al die eer en heerlikheid in Jesus Naam. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

September-verjaardae


29 - Mnr. N du Toit