Tuesday 18 December 2018

Kersspel: Dankie, Taberna Dei-gemeente!


Gemeentelede van Taberna Dei-gemeente in Kimberley het Saterdag 24 November 2018 'n kersspel by die verswakte afdeling van Ons Huis aangebied. Die inwoners het dit regtig baie geniet. Die personeel en die inwoners het ook geskenkies ontvang.

'n Groot Ons Huis-dankie vir alles wat Taberna Dei-gemeente deur die jaar vir die inwoners van Ons Huis doen. Tyd is 'n luukse en daarom waardeer ons julle besoekies soveel te meer!

Foto's: ACVV FB




No comments:

Post a Comment