Sunday 11 September 2016

GEBED

Here, laat ons die geur van u lieflike teenwoordigheid
versprei oral waar ons gaan.
Versadig ons gees met u liefde en u lig:
deurdring ons lewe so volkome met die glans van u lig
dat dié wat met ons in aanraking kom,
bewus mag word van u warmte en heil.
Laat hulle wat in die skadu's lewe, na ons kyk
en net vir Jesus sien!
Bly so naby ons dat ons lewe soos U s'n sal begin skyn ...
Ons vra nie dat die lig op óns val nie, liewe Here,
maar dat dit déúr ons op ander sal skyn.
Amen.

(Uit: Groot Gebedeboek, bl 359 - John H Newman –
Gebed daagliks gebruik deur Moeder Teresa en haar helpers in Kalkutta.)

No comments:

Post a Comment