Monday, 20 January 2025
Vandag se internetgebed vir jou: Gebede is soos die klanke van musiek ...
Gebede is soos die klanke van musiek ... dit sal jou in beweging bring. Dit verkwik jou siel en dit skep vreugde!!
My gebed vandag vir jou is dat God se Oog op jou is, Sy Hand onder jou, Sy Gees en Vrede binne in jou en Sy engele rondom jou."
Amen
Sunday, 19 January 2025
Oomblik van stilte: Op. 22:16b
Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester.
Wat 'n pragtige en belangrike woord gee God ons vandag. Jesus verduidelik aan Johannes wie Hy is. Dit verwys ook dan na vers 13, waar Hy sê dat Hy die Alfa en die Omega is, die begin en die einde, die eerste en die laaste. Jesus het sy engel gestuur om te betuig wat sal gebeur in die toekoms (vers 16a).
Hy is die Een wat elke mens sal vergeld hoe sy loon sal wees volgens sy werke (vers 12)
Hy sê ook dat die tyd vir hierdie profesieë om te gebeur, is naby (vers 10-11.
Johannes getuig ook dat die genade van Jesus Christus met ons almal is (vers 21)
Dankie Jesus, my Here en my God, dat U, u engele gestuur het, om aan ons, al hierdie profesieë voor die tyd te verduidelik. Ek hoor u woord en dors daarna en saam met u Gees roep ek uit: Kom! En ek kom vandag om van die water van die lewe te drink, verniet (vers 17). U is die blink môrester. Ek aanbid U God (vers 9). Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]
Labels:
Gebed,
Goedheid,
Mossiestilte,
Oomblik van stilte,
Openbaring,
Pieter Swanepoel
Week van gebed: Leef vir die Here
Sondagaand: Leef nederig (Matt. 18: 1-5)
Maandagaand: Werk in sy wingerd (Matt. 20: 1-16)
Dinsdagaand: Leef eg en suiwer (Jak. 1: 19-27)
Woensdag: Leef versigtig (Jak. 3: 1-12)
Donderdag: Leef voluit (Prediker 9: 7-10) en (Joh. 10:10)
Saturday, 18 January 2025
Friday, 17 January 2025
Die 2025-reis: Alleen of saam met mense
As jy vanaand alleen in jou kamer sit, neem sommer vandag nog die besluit dat jou 2025-reis anders gaan wees - reik uit na jou buurman of buurvrou langs jou, jou tafelgenote, die een wat alleen sit en TV kyk in die ontspanningskamer, hulle wat saam met jou in die selgroepie is - ons het mekaar nodig vir die res van die jaar. 2025 sal makliker lyk en voel as reisgenote vir mekaar uitkyk en vir mekaar bid.
Daar is ‘n bekende gesegde wat 'n mens dikwels by motiveringsprekers hoor: "As jy ver wil reis, moet jy mense saam met jou neem."
Is dit nie wat ons moet doen aan die begin van 2025 nie? As 'n mens in 'n ouetehuis of aftreeoord is, is jou opsies nie baie nie. En daarom daag hierdie spreuk ons uit om na te dink oor wie ons met ons saam wil neem.
Hoe kies en identifiseer ons ons reisgenote? Dink daaroor en deel jou opinie met die lesers.

Geseënde naweek!
Labels:
Aftreeoord,
Naweek,
Ouetehuis,
Reis,
Reisgenote
Thursday, 16 January 2025
Ouma se wenke: Raad vir oupas en oumas
* Ondersteun jou kleinkinders en wees ‘n veilige hawe waar die kinders hulself kan uitdruk. Dis belangrik dat 'n kind voel hy word gehoor. As jy nie saamstem nie, los die teregwysing en "preek" tot later - bou eers aan daardie verhouding.
* Luister na jou kleinkinders se ontevredenheid, se klagtes en ook hulle bekommernisse. Jy is dalk die enigste een wat die TYD het om daarna te luister. Vra gerus hulle voorstelle vir oplossings vir hul probleme. Op hierdie manier leer jy hul uitkyk op die lewe, hulle manier van dink en kan jy deur subtiele leiding hulle dalk beïnvloed om meer objektief na 'n probleem te kyk.
* Ondersteun jou kinders. Al sê hulle dit nie, het hulle soms nodig om by ma of pa af te pak (sonder om te hoor: ‘ek het jou mos gesê ...’).
* Hou die kommunikasiekanale vir albei geslagte oop. Onthou: Hulle moet te alle tye geliefd voel. En oupa en ouma, as julle bekommerd is en magteloos voel om te help, julle weet mos waar julle Bron van krag lê. Gebruik dit!
(Daar sal later weer na hierdie saak gekyk word.)
Wednesday, 15 January 2025
A PRAYER FOR LEARNERS AND STUDENTS
Lord, we ask that you surround students with peace as they begin a new year of classes. Give them a passion for learning new things and bless their hard work over the coming months. Surprise them with unexpected moments of joy. Amen
Tuesday, 14 January 2025
Statistiek: 139 000 welkome e-besoeke
14 Januarie 2025 het ons aantal e-besoeke op 139 000 gestaan. Dis so lekker om te weet daar is lesers wat in Ons Huis se wel en weë belangstel! 'n Groot Ons Huis-dankie vir elkeen wat die blog so gereeld besoek. Dankie vir al die bydraes wat so gereeld op ons tafel beland. Dankie vir al die positiewe kommentaar wat sommer so padlangs gestuur word, dis die brandstof vir al die werk wat gedoen word.
'n GROOT DANKIE aan elke medewerker wat só gereeld bydraes stuur. Julle sterk ons hande!
- Liz de Koker
- Elmari Guy
- Marguerite Pienaar
- Rosetta Venter
- Valerie Kilian
- Millie Mouton (deel van die Saterdag-engele)
- Pieter Swanepoel
Monday, 13 January 2025
Vandag se internetgebed vir jou: Oggendgebed
Here Jesus, laat ons saam met U reis.
Neem asseblief ons hand wanneer ons deur donker dieptes gaan of op smal paadjies teen hoë afgronde beweeg.
Wees ons Gids, Here, deur doolhowe en verby die lewenslagysters wat op ons pad wag.
Dankie, Here, dat U nie skaam is om as ons metgesel gesien te word nie.
Ons wil nooit weer U sy verlaat nie, lei ons dag vir dag, in U Heilige Naam.

Gebed
Gebed vir herlewing begin wanneer ons vir mekaar bid:
VJesus, leer ons om dit wat op ons hart is vir ander te bid! (Jak. 5:16 Die gebed van 'n gelowige het 'n kragtige uitwerking.)
VGod van troos, leer my om ander aan te spoor ... (Heb. 10:24 Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade.)
VRegverdige Regter, leer my om nie te oordeel nie ... (Rom. 14:13 Laat ons mekaar nie meer oordeel nie, maar besluit dit liewer, om nie vir die broeder 'n hindernis of struikelblok in die weg te lê nie.)
VEl-Shaddai, algenoegsame God, leer my om nie afgunstig te wees nie ... (Gal. 5:15 Maar julle byt en verskeur mekaar, pas op dat julle mekaar nie later heeltemal verslind nie.)
VGod van waarheid, leer my om nie vir ander te lieg nie ... (Kol. 3:9 ... en moenie vir mekaar lieg nie. Julle het met die ou sondige mens en sy gewoontes gebreek.)
VDwelmverslaafdes ...
Bid tot God vir mense wat aan dwelms verslaaf is of van enige middels afhanklik is soos byvoorbeeld alkohol of slaappille. Bid dat elkeen 'n openbaring van die Here sal hê, dat hulle lewens in die lig van die Woord sal sien en 'n besluit sal neem om aan die liefde van God in Jesus Christus gehoor te gee.
VBoere ...
Bid vir boere, dat hulle die hoop van hulle toekoms in Christus sal vind en om sal aantoep in elke situasie. Vra dat die Heilige Gees Christen-boere sal bemoedig en dat hulle wyse besluite sal neem.
[Bron: Dagbreek-afkondigings 13-01-2013]
Sunday, 12 January 2025
Oomblik van stilte: Luk. 21:34
Maar pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en dié dag julle nie skielik oorval nie.
Die waarskuwings van die Here word op soveel kere aan ons gestel in die woord. Die Here het sy lewe vir ons gegee, maar as ons die waarskuwings in die wind slaan, sal hy soos 'n strik kom oor almal wat op die hele aarde woon (vers 35).
Beoefen jou in die woord en bid gereeld; die liefde en genade van God vir jou is so groot; laat jou liefde nie verflou nie, maar eet jou daaglikse brood wat God jou gee. Jy sal nie deur die wêreld geag word as jy die woord van God bring nie; Satan sal altyd in die harte van ongelowiges werk, (al is daar sommige wat na jou sal luister) om jou uit die weg te probeer ruim. Hou vas aan die geloof!
Jesus, U alleen is my krag. Help my om staande te bly te midde van 'n krom en verdraaide geslag. Ek het ook u krag nodig om nie te verval en te verswak in my geloof nie. Soos U vir ons elke dag bid, laat ek ook in die krag en wysheid van die Heilige Gees nie moeg word om te bly bid vir my broers nie. Laat ek ag gee op u woord en waarskuwings. Aan U al die eer en heerlikheid goeie Vader, in Jesus Naam. Amen.

Lukas,
Mossiestilte,
Oomblik van stilte,
Pieter Swanepoel
Saturday, 11 January 2025
Thursday, 9 January 2025
Ouma se wenke: Raad vir oupas en oumas
* Ter wille van familievrede: Moet liefs nie by die ouers se opvoedings- en dissiplinestyl inmeng nie.
* Bied hulp aan aan jou kinders as jy sien dat hulle vasdraai, veral as julle in dieselfde dorp bly. Lê egter die voorstel in hulle midde en wag vir hulle reaksie.
* Bied hulp aan aan jou kinders as jy sien dat hulle vasdraai, veral as julle in dieselfde dorp bly. Lê egter die voorstel in hulle midde en wag vir hulle reaksie.
* Gebruik die oupa- en oumakuiertyd om positief te wees en saamwees-aktiwiteite te doen. Moenie gedurig vir jou kleinkinders vertel hoe sleg, lui en disrespekvol die jeug is nie. Hierdie foutvinderige optrede gaan hulle eerder kopsku maak om weer te kom kuier.
* Wees deel van jou kleinkinders se lewe en geniet hul geselskap. Lees hulle lyftaal - soms wil hulle nie hul oupa en ouma by die sportdag hê nie - moenie dan daarop aandring nie.
* En as oupa en ouma 'n uitnodiging kry, waardeer dit, probeer ten alle koste om dit by te woon - hulle word baie gou groot.
(Word vervolg)
Wednesday, 8 January 2025
Subscribe to:
Posts (Atom)