Wednesday, 18 December 2019

Ontspanning is 'n goeie breinaktiwiteit

Bordspeletjies en inkleurwerk kan 'n lang dag baie gou korter maak. Dankie aan Elmari Guy vir die bordspeletjies.

Tuesday, 17 December 2019

Plek beskikbaar by Ons Huis

Klik op die prent om die pryse duidelik te sien. Kontak ons gerus om meer uit te vind. Kom vergewis uself van die omgewing, geriewe en vriendelike personeel.

'n Dankie-gedagte ...

Kersfees is 'n tyd waar 'n mens 'n bietjie stilstaan en dankie sê vir al die mense wat deur die jaar jou pad gekruis het. In ons besige lewens laat ons hierdie belangrike gebaar baie keer na.

Die personeel van Ons Huis is altyd  vriendelik en liefdevol. Hulle werk met soveel deernis en omgee met die inwoners. Die afgelope naweek is daar vir elkeen van hulle so 'n dankie-pakkie van Welkom gegee. Op die foto is van die personeel wat dié naweek nagdiens in die verswakte afdeling gedoen het. Op die foto is Bernice Nyl, Virginia Madibane, Lady Tshipinyane en Maryna Davids. 

Daar is ook vir die inwoners in hierdie afdeling so 'n pakkie gegee. Dankie vir Karin Herbst, Ronell van Wyk, Shamany Cloete en Sarah Welman vir hulle bydraes. Dit word baie waardeer. 'n Groot dankie aan die personeel wat so getrou hierdie belangrike werk 24/7 doen.











Monday, 16 December 2019

Monday, 2 December 2019

If I Had My Life to Live Over Again

I would try to make more mistakes next time…
I’d try not to be so damned perfect;
I’d relax more, I’d limber up,
I’d be sillier than I’ve been on this trip;
In fact, I know of very few things I’d take quite so seriously;
I’d be crazier … and I’d certainly be less-hygienic;
I’d take more chances … I’d take more trips …
I’d climb more mountains … I’d swim more rivers …
And I’d watch more sunsets;
I’d burn more gasoline,
I’d eat more ice cream – and fewer beans;
I’d have more actual troubles and fewer imaginary ones,

You see, I was one of those people who lived prophylactically and sensibly,
hour-after-hour and day-after-day;
Oh, that doesn’t mean I didn’t have my moments,
But if I had it to do all over, I’d have more of those moments,
In fact, I’d try to have nothing but wonderful moments, side-by-side.

I was one of those people who never went anywhere without a thermometer,
a hot water bottle, a gargle, a raincoat and a parachute;
If I had it to do all over again, I’d travel lighter next time.

If I had my life to live all over again,
I’d start barefoot earlier in the spring
and I’d stay that way later in the fall;
I’d play hooky a lot more;
I’d ride more merry-go-rounds, I’d pick more flowers,
I’d hug more children,
I’d tell more people that I loved them,
If I had my life to live over again;
But, you see, I don’t.”

Source: Credited to a number of people, but commonly to Nadine Stair, age 85, Lousville, USA

Saturday, 30 November 2019

Friday, 29 November 2019

Hulp: In die gees van die naderende Kersfees!

Ons Huis benodig die volgende: 
BESOEKERS en kuiermense so welkom
BOEKE vir die biblioteek
BORDSPELETJIES - skaakstelle 
Elektriese skeermesse
Ensure, aanmaakkoeldrank
Handskoene en urinestokkies
Klere vir die klerewinkel
Kuiers oor 'n koppie tee
Lakens en "linen savers"
Pleisters en verbande
Skoonmaakmiddels
Skryfbehoeftes bv. fotostaatpapier
Snoeperye
Steggies en bemesting vir die tuin 
Tuinmeubels
Toiletware
Tydskrifte
Vrywilligers wat sal kom lees
Verf en verfkwaste - daar is niks soos verf om nuwe lewe aan 'n item te gee nie.

Desembermaand: 
Borg ‘n inwoner se kersete
Borg ‘n kersgeskenk.
EETGOED om teetyd op te kikker
Vrywilligers wat kan help met die opmaak van die eetsale en bediening van die kersete om dit meer huislik in Ons Huis te maak.



U kan ook ‘n donasie maak om genoemde items te koop.

Tuesday, 19 November 2019

Monday, 11 November 2019