Thursday, 5 February 2026

Ouma se wenke: Inkvlekke

* Ink: Gebruik brandspiritus, alkohol of haarspoei om die ink van 'n balpuntpen te verwyder. Sit die gevlekte materiaal op 'n droë stuk watte. Deurweek nog 'n stuk watte met brandspiritus of bensien en dep dit aan die vlek. Herhaal met 'n skoon stukkie watte tot die vlek uit is. Spuit haarsproei aan die vlek en dep met skoon stukkies watte.

* Gebruik naellakverwyderaar om viltpenmerke van jou vel te verwyder.

* Ink uit tapyte te haal: Neem karringmelk en 'n skoon lap. Gooi karringmelk op die ink en druk op met die lap totdat die ink uit is. Was dan die plek met warm water en ammoniak.

* Merkersink: Ink waarmee goedere gemerk is, kan afgehaal word deur dit met 'n papierhanddoek wat in alkohol gedoop is, te vryf

* Om ink van 'n balpuntpen uit klere te haal: Drup Lennons Witdulsies op die merk en was soos gewoonlik. Strooi dadelik sout oor ink wat op wit materiaal gemors is, vryf met 'n suurlemoen daaroor. Spoel die materiaal dan dadelik af en was soos gewoonlik.

Al die bruikbare oplossings het my hart sommer week gemaak!

Wednesday, 4 February 2026

Hartsake oor 'n koppie tee: Jou talente is daar vir 'n rede

Moenie jou talente wegsteek nie!
Jy is daarmee geseën om ander te dien,
om vir ander ‘n lig te wees, 
om ander te bemoedig.
Gebruik altyd jou talente
na die beste van jou vermoë.
Moet dit nooit onder die maatemmer wegsteek nie.

Monday, 2 February 2026

Gedig: Bekommernisse

Nog ‘n keer word ek geleer
Van die voedselpryse wat ek nie kan beheer.
“En wat nou, Heer?”
Geld kan ek net nie meer hanteer.
Dinge druk nou regtig seer.
Hiermee wil ek vir almal bemoediging bring.
Aan almal wat voel die lewe is ‘n bose kring!
Vergeet van gister, dit is verby.
Al wat saak maak is nou en jy!
Los ook eers vir môre, hy kan eers bly.
Werp al jou bekommernisse op God!
Môre vat ons dit terug, hou verspot!
God kan ons probleme baie beter uitsorteer
As ek en jy wat nog baie moet leer.
Van die grootheid van die Heer.
Werp jou bekommernisse op ons God,
Maar hou jou verantwoordelikhede in jou kop!
Bekommernisse is Satan se manier
Om ons in verskillende rigtings te trek, dis sy gier!
Los ons, ons bekommernisse by God, kan Satan nie seëvier ...
Om ons bekommernisse te oorbrug
Is U, o God, ons enigste toevlug!
Al ons pogings het geen vrug.
Gaan dit nou een uur by ons lewens voeg?
As ons so met die probleme wroeg ...

[Bron: 20 Augustus 2008]

Sunday, 1 February 2026

Oomblik van stilte: Ps. 34:2+3a

Ek wil die Here loof ja altyd loof; Sy lof sal altyddeur in my mond wees. My siel sal hom beroem in Here;


Vanoggend staan die Here gereed om jou te seën deur sy genade en in sy guns toe te draai. Wees bly en verheug jou in die goedheid van die Here.
As jy wakker word loof die Here; laat die eerste woorde uit jou mond woorde van lof wees vir God.
Wees dankbaar vir alles wat God vir jou gedoen en gegee het.

Here, ek is so opgewonde om vanoggend weer wakker te word deur u genade. Ek wil U loof met my mond van vroegoggend tot laataand. Ek weet vandag sal ek weer deur U geseën word en u guns beleef. Ek staan in blydskap op en lig my hande op na U, met die wete dat U my gereinig en geheilig het tot heerlikheid van u grote Naam. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]