Sunday 2 October 2016

Word entoesiasties oor jou eie lewe!

Gelukkige mense het ‘n behoefte om ‘n verbintenis aan te gaan met iets groter as hulself. Dit is een manier om betekenis te vind in jou eie lewe.

Dink aan jouself as ‘n legkaartstukkie wat in pas in die groter legkaart van die lewe. Jy het ‘n spesifieke plek wat jy moet vul en net jou spesifieke vorm kan daardie plek vul.

Wanneer jy op jou plek in die lewe is, kom jy agter is jy deel van die groter prentjie. Jy is verbind aan iets groters as jou eie lewe.

Om verbind te wees aan iets groters as jou lewe gee nie net vir jou betekenis nie, dit skep ook ‘n nuwe entoesiasme! Nuwe energie.

So dikwels wens mense vir meer energie.

Die verlies aan energie is nie ‘n teken dat jy te veel doen nie, maar moontlik dat jy nie genoeg doen nie. Jy het dan so besig geraak in jou eie lewe dat jy jou verbintenis aan die groter prentjie afgeskeep het.

“Wanneer jy op jou plek in die lewe is, kom jy agter is jy deel van die groter prentjie. Jy is verbind aan iets groters as jou eie lewe.”

Gelukkige mense hou hul vebind aan iets groters as hulself en dit gee vir hulle energie en entoesiasme.

Mense wat entoesiasties is, hou nie terug nie. Dit is waarom hul anders optree en beter vaar as mense wat doodgewoon nie lus is om iets te doen nie. Het dit nie tyd geword dat jy weer entoesiasties sal raak oor jou plek in die lewe nie?

Veral as jy in ag neem watteer ongelooflike verskil jy nie in die wêreld kan maak nie.

Hier is die eienaardige – ‘n mens sou dink dat om nou met iets betrokke te raak net nog energie gaan vat.

Dit is nie waar nie. Toets dit.

Raak betrokke by iets waaroor jy entoesiasties is en jy sal vind dat jy meer energie het en nog boonop gelukkiger is ook.

Raak betrokke. Doen iets betekenisvol.

Dink helder. Doen die lewe.

Coach Chris
0827891223
(30/11/2015)

No comments:

Post a Comment