Friday, 31 July 2020
Thursday, 30 July 2020
ACVV KIMBERLEY: Maatskaplike hulpwerkpos
Minimum vereistes
• Registrasie by die SACSSP en bewys van betaling vir 2020/2021-jaargelde
• Kennis van ontwikkelingsgerigte maatskaplike werk, Kinderwet en Kinderbeskermingsdienste
• Rekenaarvaardigheid
• Geldige rybewys
• Polisieklaringsertifikaat
Vergoedingspakket onderhandelbaar binne ACVV-skale. Keerdatum vir aansoeke is 2020/07/30
Diensaanvaarding: 2020/09/01
Rig volledige CV aan die Streekbestuurder Noord-Kaap by epos: esmerelda@acvv.org.za
Navrae aan Esmerelda Deelman (053) 712 1722/ 071 896 9376
Indien u 14 dae na sluiting van aansoeke geen terugvoer ontvang het nie, aanvaar dat u aansoek onsuksesvol is.
ACVV KIMBERLEY: SOCIAL WORK AUXILIARY POST
Minimum requirements
• Registration with the SACSSP and proof of payment of annual fee for 2020/2021
• Knowledge of developmental social work, Children’s Act and Child Protection Services
• Computer Literacy
• Valid driver’s licence
• Police Clearance certificate
Salary & benefits negotiable within the scales of the ACVV. Due date for application is 2020/07/30
To commence on: 2020/09/01
Send complete CV to Regional Manager Northern Cape email: esmerelda@acvv.org.za
Enquiries: Esmerelda Deelman at (053) 7121722/ 071 896 9376 If no feedback is received

Labels:
Advertensie,
Maatskaplike Dienste,
Pos beskikbaar
Wednesday, 29 July 2020
Tuesday, 28 July 2020
The power of persistence.
Harry Bernstein wrote 40 books but destroyed the manuscripts after they were all rejected by publishers. Bernstein was 93 when his wife of 67 years died and started writing to help deal with his grief. He spent 3 years writing his memoir "The Invisible Wall."
He sent the manuscript to many New York publishers, all of whom turned it down. Then he sent it to an editor at Random House in the UK, where it sat in a pile of unsolicited manuscripts for a year before it was read by a stunned publishing director who immediately recognized it as inspired writing.

It was published in 2007 when Mr. Bernstein was 98. He would write three more acclaimed books, all of which were published, up until his death at 101. Bernstein called his 90s, "the most productive years of my life."
[Click HERE for more inspirational stories]

Hulp ...
Alle mense het een of ander tyd hulp buite die mens self nodig, nie waar nie?
Dit is nie 'n vorm van swakheid as hulp gevra word nie. Dit is eerder 'n vorm van swakheid en dwaasheid as hulp op die verkeerde plek of persoon (godheid) gesoek en gevra word!
So, nou is die vraag: Waar en by wie soek ek en jy hulp?
Laastens, dink daaraan, is dit bloot "toevallig" dat Jesus se EERSTE saligspreking dan juis gaan oor hulp en afhanklikheid van God?
"The Beattitudes” (Be-attitudes/wat ons houding-attitude moet wees)

Mat 5:3 Salig is dié wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
Arm van gees, vertaal in NAV met afhanklik van die Here.
Salomo het hierdie vertroue-afhanklikheid-hulp van die Here verstaan.
Ps.124:8 Ons hulp kom van die Here,wat hemel en aarde gemaak het.

Monday, 27 July 2020
Sunday, 26 July 2020
Sondag: Covid-19-erediens
Ds. Ensie Enslin |
Tema: Niks skei ons van die liefde van God in Christus Jesus ons Here nie.
Skrifgedeelte: Romeine 8:26-39
Dutoitspan-seënwense.
Kerkdiens 26 Julie 2020 (Druk op die woord kerkdiens om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoek.)
Labels:
Boodskap,
Covid-19-oordenking,
Ds. Ensie Enslin,
Dutoitspan,
Erediens,
Inperking,
Kerkdiens
Druppels Hoop
Druppels Hoop is aktief tot en met Psalm 121. Besoek ons HIER. Rol af tot by die verlangde Psalm. |
Saturday, 25 July 2020
Vuurwarm vir stukkendes
Handwerk: Meisie de Koker |
Nee, Jesus se genade was nie eens goedkoop nie; dit was
sommer heeltemal verniet! Maar dis presies hoe Jesus is, nou nog! By Hom is jy
altyd welkom, maak nie saak hoe diep of ver jy geval het nie. By Hom is daar
altyd 'n ekstra porsie hemelse genade te kry! Vra Hom net.
Labels:
Genade,
Inspirasie,
Ministriesworldwide,
Vrede
Friday, 24 July 2020
Wednesday, 22 July 2020
Tuesday, 21 July 2020
Dag 117 van grendeltyd ...
1. Hierdie erge teleurstelling wat die pandemie gebring en veroorsaak het, is vir my EEN GROOT BESTELLING MET GOD!
2. Nog nooit ooit in my lewe het ek soveel tyd in 117 dae spandeer aan
* Bybellees
3. Hierdie krisistyd het MEER tyd met die Here - ‘n kursus met die Here geword!
* Bybellees
* en tyd met my wederhelf nie!
3. Hierdie krisistyd het MEER tyd met die Here - ‘n kursus met die Here geword!
Die wonder dat Rom 8:28 waar is vir elke kind van God!
Seënwense
Ds. Brahm Reyneke
Labels:
Brahm Reyneke,
Bybel,
Covid-19,
Gebed,
Pandemic
Monday, 20 July 2020
Sunday, 19 July 2020
Sondag: Covid-19-erediens
Ds. Ensie Enslin |
Tema: Die Here sorg
Skrifgedeeltes: Ps. 33:1-22
Dutoitspan-seënwense.
Kerkdiens 19 Julie 2020 (Druk op die woord "Kerkdiens" om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer)
Labels:
Boodskap,
Covid-19-oordenking,
Ds. Ensie Enslin,
Dutoitspan,
Erediens,
Inperking,
Kerkdiens
Saturday, 18 July 2020
Corona-verwerking van Psalm 121
Ek kyk op na die berg wat so stil-stil in my wêreld kom staan het. Die berg wat wegkruip in mense se groet en vat en menswees. Die berg wat vingermerke maak op winkeltrollies en die rakke daar binne leeg koop. Die berg wat angs en paniek en onsekerheid in mense se harte gaan bêre. Die berg wat wagstaan voor die hospitaal en keer dat geliefdes by 'n hart-se-mens kan uitkom. Die berg wat 'n wêreld se ekonomie met een hand stop. Die berg wat skole se deure toemaak en lag-lag voor my kerk se hek gaan sit. Die berg wat bejaardes weerloos laat en hulle bang in hulle huise laat wegkruip. Die berg wat besighede sluit en gesinne sonder kos laat. Die berg wat paaie toemaak en 'n hele land se mense in hulle huise injaag. Ek kyk op na die berg wat so stil-stil in my wêreld kom staan het.
Waar sal my hulp vandaan kom? Wie gaan my help om verby hierdie berg te kom?
My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.
My hulp is van HOM wat die son elke oggend wakker maak en vir die maan sê hoe laat hy moet gaan slaap. My hulp is van HOM wat vir die see 'n lyn in die sand trek, en vir die branders sê waar hulle mag breek. My hulp is van HOM wat die berge in die palm van Sy hand balanseer, van HOM wat vir die swaeltjie genoeg krag gee om te trek wanneer dit nodig is. My hulp is van HOM wat die klipspringetjie help om op die rotse te balanseer. My hulp is van HOM wat weet wat my naam is, wat my hart se bang en onsekerheid ken, wat weet waar ek bly en waar ek wegkruip. My hulp is van HOM wat die hemel en die aarde en vir my met soveel liefde en sorg gemaak het.
Dit is HY wat die vliegtuie en die skepe stop, sodat die aarde weer kan asemskep. Dit is HY wat horlosies se tyd laat stilstaan, sodat mense weer kan leer om te wees, en nie net om te doen nie. Dit is HY wat mense een vir een onder een dak bymekaar maak, en hulle daaraan herinner dat hulle 'n gesin is. Dit is HY wat die roetine en gejaag wegvat, en kinderlaggies om 'n bordspeletjie laat baljaar. Dit is HY wat mense leer om mekaar weer in die oë te kyk en te gesels en uit die hart uit te gesels. Dit is HY wat Sy kerk na mense se huise toe vat, sodat almal Sy woord kan hoor, nie net op 'n Sondag nie, maar elke dag. Dit is HY wat die boodskap van hoop sag en stil van een huis na 'n ander oordra. Dit is HY wat seker maak dat gesinne weer saam bid en Bybel lees. Dit is HY wat die duisende slagoffers wat oorweldig word deur die berg, stil in SY arms toevou en hulle verseker dat HY hulle nooit sal los nie. Dit is HY wat vir ons gesê het dat ons dit in hierdie wêreld nie altyd maklik sal hê nie. Dit is HY wat belowe het dat HY by ons sal wees; vandag, môre & totdat ons vir altyd by HOM gaan bly.
Ek kyk op na die berg wat so stil-stil in my wêreld kom staan het. Wie gaan my help om verby hierdie berg te kom? My hulp is van die HERE.
Nou en vir altyd.”
Amen.
Corona-verwerking van Psalm 121 - Skrywer onbekend

[Dankie, Ria Welman van Kroonstad, vir die instuur hiervan.]
Friday, 17 July 2020
Wednesday, 15 July 2020
Monday, 13 July 2020
Sunday, 12 July 2020
'n Volgeling van Jesus Christus ...
Die Volgeling van Jesus Christus word dikwels deur die Heilige Gees in ‘n Woestyn-seisoen of -situasie ingelei en dan ervaar en ondervind die volgeling of die dissipel wat die koste van dissipelskap alles behels.
Vuur louter goud.
Karakterbou word nie "gereinig" of "gevorm" deur water en seep nie, maar deur die vuur van beproewing en lyding wat in die woestyn "gekweek" word!

God is more interested in our Character than our Comfort!
Friday, 10 July 2020
Thursday, 9 July 2020
Die pienk spookasemroos ...
Dit is die “Roos van Saron" waarvan ons in Hooglied lees.
Die saadjies lê vir jare in woestynsand en met die geringste watertjie loop die plantjie uit. Dit lyk vir my soos pienk spookasem.
[Dankie, Ria Welman vir die deel van hierdie besondere blom.]
Gaan maak HIER 'n draai vir meer feitelike inligting - dankie, Cherise.

- Beskerm tog ons mense teen die aansteek van die COVID-19-virus.
- Diegene wat aangesteek is en positief getoets is, wil U asseblief in genade hulle aanraak en genees..
- Rig U kinders op om U helpende hande te wees vir
- Die werkloses en armes
- Die hongeres
- Die siekes ...
- Here, skenk asseblief U Goddelike krag, beskerming en ondersteuning aan
- soveel van ons mense wat honger ly
- Ons regering sukkel met hulle eie finansies en kan nie oral almal help nie.
- Mense nader aan ons toets nou al positief
- Here, wees ons genadig ...
... In Jesus Naam, Amen.
Wednesday, 8 July 2020
Monday, 6 July 2020
Imagine you were born in 1900 ...
When you're 12, you see the news headlines that the great unsinkable ship Titanic, tragically sank.
When you’re 14, World War I begins and ends when you're 18 with 22 million dead.
Soon after a global pandemic, the Spanish Flu, appears, killing 50 million people. And you're alive and 20 years old.
When you're 29 you survive the global economic crisis that started with the collapse of the New York Stock Exchange, causing inflation, unemployment and famine.
When you're 33 years old the Nazis come to power.
When you're 39, World War II begins and ends when you're 45 years old with a death roll of 60 million. In the Holocaust 6 million Jews die.
When you're 52, the Korean War begins.
When you're 64, the Vietnam War begins and ends when you're 75.
A child born in 1985 thinks his grandparents have no idea how difficult life is, but they have survived several wars and catastrophes.
Today we have all the comforts in a new world, amid a new pandemic, but we complain because we need to wear masks. We complain because we must stay confined to our homes where we have food, electricity, running water, WiFi, even Netflix. None of that existed back in the day. But humanity survived those circumstances and never lost their joy of living.
A small change in our perspective can generate miracles. We should be thankful that we are alive. We should do everything we need to do to protect and help one another. Do your best to be kind and offer an helping hand.
Be the miracle.
[Vic DiBitetto]

Die sout van die aarde
Baie baie jare gelede was daar 'n man in Engeland wat 'n paar aartappels gekoop het, dit versigtig geskil het en in dun skyfies gesny het, en toe in olie gebraai het. Hy was so tevrede met die eindproduk dat hy dit in klein pakkies verpak het en dit toe probeer verkoop het.
Maar ten spyte van sy moeite, en sy dappere poging het almal daaraan geproe maar niemand het verdere belangstelling getoon nie. Hy het gedink dit sou 'n blitsverkoper wees, maar helaas was dit n volslae flop.

Hy het weer en weer probeer, maar almal se reaksie was dieselfde. TOTDAT hy eendag 'n baie blink plan gekry het ... Hy het sout oor die gebraaide skyfies gegooi en toe is daar 'n ontploffing. En dis hoe die bros aartappelskyfie-industrie sy begin gehad het.
Die sout het die verskil gemaak.
Ons almal weet dat as ons nie sout oor ons stukkies biltong gooi, of oor daardie gedroogde snoek gooi nie, dan sal dit vinnig vrot word. Die sout maak die verskil tussen smaaklik en vrot.
Toe ek so 'n paar jaar terug 'n heupvervangingsoperasie gehad het, was ek baie verbaas dat die hospitaalpersoneel die wonde met suiwer soutwater gewas het. Nie meer met Savlon of Dettol of wat hulle ookal gebruik nie, maar met suiwer skoon soutwater. Die sout bespoedig genesing en hou die wonde kiemvry.
Nou sê die woord in Matteus 5:13-16
13 "Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry ’n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit."
Ons as Christene moet die soutpotte wees. Ons moet die lewe ekstra geur gee, soos daardie aartappelskyfies. Dit was nie lekker nie, totdat sout daaroor gesprinkel is. Na die sout, was die smaak anders. Daar is mense wie se lewens nie lekker is nie, maar as ons as Christene hulle met sout en liefde bemoedig, dan verander die "smaak" van hulle lewe heeltemal.
Daar is diegene wat wonde opgedoen het op hul lewenspad. Soms is die wonde deur geliefdes of selfs deur ander Christene toegedien, Jy is God se soutpot. Sprinkel die sout van die Woord as geneesmiddel daaroor, en bevorder so dié genesing
Dan is daar ander mense wat in die proses van verrotting is, Jy is God se soutpot, sprinkel die sout van bekering, verlossing en oorwinning in hulle lewens en keer die verrotting om verder te versprei.
Maar moenie dat die soutpot leeg raak nie, want 'n soutpot kan baie mooi wees, maar as dit leeg is dien dit geen doel nie. Gaan elke dag op jou knieë en vra God om jou te vul, en jou te wys waar jy vir Hom tot diens kan wees.
Georgie.a

[Dankie, ds. Brahm Reyneke dat jy hierdie met ons lesers deel.]
Sunday, 5 July 2020
Sondag: Covid-19-erediens
Ds. Ensie Enslin |
Vandag het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.
Tema: Gebed vir genesing
Skrifgedeeltes: Psalm 73
Dutoitspan-seënwense.
Kerkdiens 5 Julie 2020 (Druk op die woord kerkdiens om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoek.)
Tema: Gebed vir genesing
Skrifgedeeltes: Psalm 73
Dutoitspan-seënwense.
Kerkdiens 5 Julie 2020 (Druk op die woord kerkdiens om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoek.)
Labels:
Boodskap,
Covid-19-oordenking,
Ds. Ensie Enslin,
Dutoitspan,
Erediens,
Inperking,
Kerkdiens
Saturday, 4 July 2020
Saterdag:100 dae
Dit voel vir my asof ons Saterdag sommer die een of ander viering moet hou oor die 100 dae wat agter ons lê. Ons het dit gemaak tot hier toe! Wat begin het as 21 dae, het 100 geword en daar wag dalk nog baie meer ... wie weet.
Miskien het jy dalk verlies gely in hierdie 100 dae – dalk het iemand van jou mense siek geword, dalk kon jou besigheid nie oorleef nie, dalk het jy jou al doodverlang na jou mense, na ’n lekker kuier of fliek of vakansie. Nogtans hoop ek dat jy, soos ek, op dag 100 sal terugkyk en sê: die Here het my deurgedra tot hier. Ek is lus en sit ’n klip neer, soos Samuel in 1 Sam 7. “Samuel het tussen Mispa en Sen ’n groot klip regop gesit as ’n monumentjie. Hy het die klip Eben-Haeser genoem en gesê: “Tot so ver het die Here ons gehelp.” (vers 12)
Dis wat ek ook sê!
Dit was nie aldag maklik nie en die ergste lê dalk nog voor. Maar vir vandag kan ek sê: tot nou toe het die Here ons gehelp. Die Filistyne het opgetrek om teen die Israeliete te kom veg. Toe die Israeliete dit hoor was hulle bang en sê vir Samuel om nie op te hou om die Here te smeek vir hulp nie. (vers 8) Ons lees dat hy ’n offer gebring het en die Here om hulp gesmeek het en dat die Here sy gebed verhoor het. As mens dít lees, dink jy dadelik: dankie tog, die Here sal die Filistyne laat omdraai en keer dat sy volk aangeval word. Maar nee, dis nie só nie! Samuel was nog bésig om te offer, toe kom die Filistyne al nader om aan te val. En ek wonder: maar het die Here dan nie Samuel se gebed verhoor nie, waar is Hy dan nou? Hy was, soos altyd, besig om te werk en om op Sý manier uitkoms en versorging en hulp te verseker. Hy het ’n groot donderweer oor die Filistyne laat losbars, wat hulle só verwar het dat die Israeliete hulle kon verslaan. Die hulp het toe op ’n ander manier gekom as wat mens sou verwag. Daar wás ’n geveg, daar wás ’n donderstorm, maar die Here het die oorwinning gegee.
Nou ja, op dag 100, kan ons, soos op dag 1, dag 50 en tot waar dit ook al gaan aanhou, voortgaan om die Here om hulp te smeek. Hy sal ons gebede verhoor. Hou moed en sit solank ’n klip neer as herinnering dat die Here ons tot hier gehelp het en ons nie nou alleen sal los om te veg en die storms te trotseer nie.
Friday, 3 July 2020
Thursday, 2 July 2020
Wednesday, 1 July 2020
Subscribe to:
Posts (Atom)