Jesus, wees vandag my Vriend:
Een wat by my kom sit en luister
sonder dat ek hoef te praat;
Een wat my hart vashou
wanneer ek my hand uitsteek;
Een wat die dinge verklaar
voordat ek dit wil verstaan;
Een wat die seerkry
wat ek nie kan huil nie, afdroog,
en Een wat met my glimlag
oor 'n nuutgevonde Vriendskap.
Wees vandag my ewige Vriend.
[Mev. Marguerite Pienaar deel graag hierdie treffende gebed van Milanie Vosloo met al die lesers en veral inwoners van Ons Huis]
Sunday, 30 September 2018
Raak betrokke by Vriende van Ons Huis!!
Gaan loer gerus by Vriende van Ons Huis se FB vir verdere inligting en om die vordering van hierdie verdienstelike projek dop te hou.
Vriende, ons is besig met fondsinsameling vir Ons Huis Kimberley. Jy kan 'n verskil maak!! Maak jou bydrae en daag jou vriende uit om dieselfde te doen. Gaan 👍🏻 like Vriende van Ons Huis se blad asb! In hierdie geval is dit letterlik hoe meer siele hoe meer vreugde.
Donasies kan in die volgende rekening betaal word:
Ons Huis
Capitec
Tak Kode - 470010
Flexible Savings Account Rek - 1577609156
Baie dankie vir jou ondersteuning!

Labels:
Fondsinsameling,
Uitreik,
Vriende van Ons Huis
Saturday, 29 September 2018
Fout met die vliegtuig...
Ons klompie hier in Ons Huis is nie baie lief daarvoor om met die vliegtuig êrens heen te gaan nie ...
En hier is een van ons baie redes...
Die vliegtuig was op pad na die vertrekpunt op die aanloopbaan toe dit skielik tot stilstand kom, omdraai, en weer al die pad terugry na die eindbeheergebou toe. Na 'n uur vetrek die vliegtuig toe uiteindelik. Toe hulle in die lug is en die liggie vir die veiligheidsgordels afgaan, vra 'n passasier vir die lugwaardin wat die vertraging veroorsaak het.
"Die vlieënier was bekommerd oor 'n geluid in een van die enjins", antwoord die lugwaardin, "en dit het ons 'n rukkie gevat om 'n ander vlieënier te kry!"

Friday, 28 September 2018
Thursday, 27 September 2018
Wednesday, 26 September 2018
Tuesday, 25 September 2018
Monday, 24 September 2018
Sunday, 23 September 2018
Saturday, 22 September 2018
Landsdienslede met groen vingers ...
Labels:
Bederf,
Blomme,
Dankie,
Groen vingers,
Laerskool Staats,
Landsdienslede,
Tuin
Friday, 21 September 2018
Thursday, 20 September 2018
Wednesday, 19 September 2018
Kyk hoe mooi beskryf dit ons lewe ...
7 klippies
Daar's sewe klippies in jou sak
Deur die Here vir jou ingepak
Sodat jy ene weg kan gooi
Vir elke tiende jaar voltooi.
Eerste klippie, geen probleem
Die spel sal donkiejare neem,
Dink ons in ydel kinderwaan
Die lewe gaan vir ewig aan.
Op twintig waai die tweede klip,
Pragtig en rooi van lip,
Windmakerder kan jy nie kry,
Wat ek wil, skuld die wêreld my.
Klippie drie die laat jou dink,
Vir dertig jaar het jy rinkink,
Vier sewendes is daar nou oor,
Om op te maak vir tyd verloor.
As uit jou hand die vierde val,
Dan vlek die grys jou slape al,
En dit wat in die sak oorbly,
Te min om als gedoen te kry.
Dan kom jy by vyftig,
Nou galop die tyd te vlytig,
En na die bult-op lewenspad,
Beginne jy die afdraand vat.
Voorlaaste klippie nommer ses
Glip uit die sak voor jy sê mes
Die wat gewerk het vir n baas
Kry sy persent en groet vir laas.
O wee, o wee, nou klippie sewe,
Skriftuurlik het jy klaar gelewe,
Daar kom nou veel genade kort
Vir die wat dalk wil tagtig word.
Daar is natuurlik taai kalante,
Jy sien hul soms in die koerante,
Wat net nie wil die emmer skop
En eers na honderd om sal dop.
Of jy nou tot vervelens lewe,
Of tata sê hier rondom sewe,
By watter klip jy ookal stop,
Gaan sal ons, die tyd raak op.
Ek wens jou dus 'n sak vol klip,
Genoeg vir daardie honderd trip
En vreugde tot jou knieë daar op oudag knak.
Nou ja, ou Maat, daar het jy dit,
Al wat ons nou kan doen, is bid
Vir gesondheid, liefde en geluk,
Met voorspoed vir die oorblystuk!
(Dankie aan die gereelde leser wat hierdie gedig met ons gedeel het. Dit word waardeer.)

Tuesday, 18 September 2018
Monday, 17 September 2018
Sunday, 16 September 2018
Saturday, 15 September 2018
'n Besoek aan Mokala ...
Mokala is SANpark se nuutste park en ons het die uitstappie soontoe baie geniet. Dit is ongeveer 70 km suidwes van Kimberley op die N12 Kaapstad toe. Mokala bied ook 'n verskeidenheid blyplekke vir diegene wat 'n naweek van die stadsbedrywighede wil vlug. Ons het heel rustig by 'n uitkykpunt gesit en peusel aan ons kospakkies wat baie keurig verpak is. 'n Groot dankie aan elkeen wat hierdie uitstappie moontlik gemaak het.
Gaan besoek gerus die ACVV FB vir nog foto's.
Gaan besoek gerus die ACVV FB vir nog foto's.
Friday, 14 September 2018
Thursday, 13 September 2018
Wednesday, 12 September 2018
Tuesday, 11 September 2018
Monday, 10 September 2018
'n Fotoblik op Jannie en Kevin se DUET ...
Die baie bekende Jannie Moolman en Kevin Leo het op 1 September 2018 by Taberna Dei in Kimberley opgetree. Die fondse het vir Ons Huis gegaan. 'n Uit-die-hart-uit-dankie aan elkeen wat die konsert bygewoon het, asook diegene wat verantwoordelik was vir die reëlings. Elkeen van julle het bygedra tot die sukses van dié aand. Gaan loer gerus op die ACVV FB vir nog 144 foto'tjies.
Labels:
Fondsinsameling,
Jannie Moolman,
Kevin Leo,
Raedun Malherbe
Sunday, 9 September 2018
Van 'n Vrystaatse leser ...
Baie dankie vir jou gereelde terugvoer en boodskappies wat jy sommer so via WA stuur. Dankie ook vir die besondere gedig wat jy vandag met ons deel.
MY SOUL HAS A HAT
I counted my years
& realized that I have
Less time to live by,
Than I have lived so far.
I feel like a child who won a pack of candies:
at first he ate them with pleasure
But when he realized that there was little left,
he began to taste them intensely.
I have no time for endless meetings
where the statutes, rules, procedures & internal regulations are discussed,
knowing that nothing will be done.
I no longer have the patience
To stand absurd people who,
despite their chronological age,
have not grown up.
We have two lives
& the second begins when you realize you only have one.
[Beautiful poem by Mario de Andrade (San Paolo 1893-1945) Poet, novelist, essayist and musicologist.]

My time is too short:
I want the essence,
my spirit is in a hurry.
I do not have much candy
In the package anymore.
I want to live next to humans,
very realistic people who know
How to laugh at their mistakes,
Who are not inflated by their own triumphs
& who take responsibility for their actions.
In this way, human dignity is defended
and we live in truth and honesty.
It is the essentials that make life useful.
I want to surround myself with people
who know how to touch the hearts of those whom hard strokes of life
have learned to grow with sweet touches of the soul.
Yes, I'm in a hurry.
I'm in a hurry to live with the intensity that only maturity can give.
I do not intend to waste any of the remaining desserts.
I am sure they will be exquisite,
much more than those eaten so far.
My goal is to reach the end satisfied
and at peace with my loved ones and my conscience.

Gedig,
Marguerite Pienaar,
Mario de Andrade,
Poem
Saturday, 8 September 2018
Friday, 7 September 2018
Beleggings in die leiers van môre!
Hier ontvang die trotse Letshego-groep hulle sertifikate. |
Ons leen 'n bietjie ruimte op Ons Huis se kuierblad om ook erkenning te gee aan die harde werk wat so agter die skerms gedoen word. Hier word belê in die jeug en ons hier by die ouetehuis is so dankbaar vir die positiewe beleggings in die leiers van môre. 'n Groot dankie aan me. Joey Visser, maatskaplike hulpwerker van die ACVV, vir jou harde werk.
Subscribe to:
Posts (Atom)