Friday, 28 February 2025

Wat is liefde?

Liefde is nie wat jy kan kry nie, maar wat jy kan gee.
Liefde is nie wat ander vir jou kan doen nie, maar wat jy vir ander kan doen.
Liefde is 'n glimlag nie 'n frons nie.
Liefde is 'n drukkie nie 'n klap in die gesig nie.
Liefde is om die sambreel vir iemand in die storm te wees en die reënboog na die storm.
Liefde is om iemand se trane af te vee, nie dit te veroorsaak nie.
Liefde is om boek te hou van goeie tye, nie die slegte tye nie.
Liefde vergewe nog voor iemand jou seergemaak het.
Liefde maak van jou 'n ligtoring wat ander die rigting wys in die donker.
Liefde maak van jou 'n boom wat koelte gee vir die wat rus nodig het.
Liefde word nie gespreek nie, maar gewys.
Liefde kan genees, vertroos, versterk al het jy niks om iemand te bied nie.
Maar jy het die liefde wat geld nie kan koop nie, dan het jy alles.

[Dankie, Rosetta, vir die deel!]

Thursday, 27 February 2025

Ouma se wenke: Algemeen

* Blomkool: Om blomkool mooi wit te kook, voeg 1 koppie melk by die water of kook blomkool in melk in plaas van water om die smaak te verbeter. Die melk kan agterna vir witsous gebruik word

* Bredie: Voeg ‘n avokadopeer by ‘n bredie net voordat jy dit opskep, dit gee die bredie ‘n heerlike smaak en lekker tekstuur.

* Groente: Om te verhoed dat jou hande vlek wanneer aartappels en pampoen geskil word, smeer jou hande vooraf met 'n bietjie botter of olie. 

* Hoender: Gooi ‘n koppie suurlemoensap oor jou hoender voordat jy dit gaarmaak. Hoendervleis sal sag en sappig wees.

* Kaas: Kaas sal nie muf as jy ‘n klontjie suiker in die kaasbak sit nie.

Monday, 24 February 2025

Vandag se internetgebed vir jou: Dankie vir u woord

Dankie, Vader, vir u woord wat onder ons kom woon het. Ek bid dat U deur die onderskeiding van die Heilige Gees in my lewe, my sal leer om u woord reg te interpreteer. Leer my meer van die Vader en leer my om tot die hart van die Vader te spreek. Leer my om mense te versterk met u woord. In Jesus se groot en Heilige Naam.
Amen.

Saturday, 22 February 2025

Saterdaglagmedisyne: Definisies


KREDIETKAART: Iets wat die meeste mense gebruik wanneer hulle ontdek geld kan nie alles koop nie.

BEGROTING: Iets wat jou laat wakker lê nog voor jy jou geld bestee.

BELASTING: Die beloning vir energie, harde werk en spaarsamigheid.

ALMANAK: 'n Kaart waarop jy kan sien hoe om by Kersfees uit te kom.

BABA: 'n Soort engel waarvan die vlerke korter word namate die bene langer word.

ETENSTYD: Die enigste tyd wanneer 'n kind nie wil eet nie.

MATRIEKSERTIFIKAAT: 'n Kwitansie wat 'n kind ontvang vir die rekening wat sy pa betaal het.

GESINSVAKANSIE: Wanneer jy alles saamneem waarvan jy eintlik wil wegkom.

KORTPAD: 'n Pad waarop jy niemand kan kry om jou te sê waar jy is nie.

MIDDELJARE: Wanneer jy jou emosies vir simptome verruil.

MÔRE: 'n Plek waar jy alles kan aflaai wat jy gister moes gedoen het.

NOODHULP: Jou kans om gesond te word voordat die dokter jou beetkry.

OUDERDOM: Wanneer jou ledemate harder kraak as jou stem.

POU: 'n Hoender wat blom.

KRAAI: Spreeu in 'n aandpak.

ROLSKAATSE: Tekkies sonder remme.

SNIPPERMANDJIE: Iets wat tieners altyd mis kyk.

TAKT: Die vermoë om jou mond toe te maak voor iemand anders dit vir jou doen.

WEERVOORSPELLER: Iemand met wie die weer nie altyd saamspeel nie 

Friday, 21 February 2025

Statistiek: 2 147 e-besoeke vandag

Elke uur van die horlosie het 'n boodskap

EENUUR:- sê vir my ek lewe net eenmaal en daarom moet ek die lewe waardeer en my tyd op aarde reg gebruik.

TWEEUUR:- sê ons het net 2 ouers wat ons moet liefhê en gehoorsaam.

DRIEUUR:- herinner my aan die Drie-enige God wat ek met my hele hart moet. .. liefhê, die Vader, die Seun en die Heilige Gees.

VIERUUR:- herinner my aan die 4 windstreke (Noord, Suid, Oos en Wes) en dat ek, waar ek ookal gaan, God se kompas (my Bybel) nodig het om vir my rigting aan te wys.

VYFUUR:- dui op die 5 vingers aan elke hand waarmee ons moet werk om ons brood eerlik te verdien en diensbaar vir die Here te wees.

SESUUR:- sê vir my dat ek ses dae van die week moet werk.

SEWEUUR:- sê dat ek op die sewende dag moet rus.

AGTUUR:- laat my dink aan die agt siele in Noag se ark wat in die sonvloed behoue gebly het, en dat ek net so behoue sal bly as ek by Christus my skuiling soek.

NEGEUUR:- herinner my aan die 9 melaatses wat nie teruggekom het om die Here te dank na hulle gesond geword het nie, en maan my om altyd dankbaar te wees vir al die goeie dinge wat ek uit Sy hand ontvang.

TIENUUR:- herinner my aan die 10 jong meisies waarvan 5 nie gereed was toe die bruidegom gekom het nie, en vermaan my om nie so dwaas te wees nie.

ELFUUR:- herinner my aan so baie mense wat tot elfderuur uitstel om hulle te bekeer en dan onverwags te sterwe kom.

TWAALFUUR:- sê vir my die genadetyd is haas verby. Middernag kom die bruidegom en ek moet sorg dat ek nie agter bly as hy sy kinders kom haal nie.

Elke tik van die horlosie. Elke klop van die hart bied 'n geleentheid! Amen!

[Dankie, Rosetta, vir die aanstuur van hierdie boodskap.] 

Thursday, 20 February 2025

Ouma se wenke: Sout

* Yskas: ‘n Manier om jou yskas skoon te maak sonder dat die vloere nat word - skakel die yskas af, gooi fyn sout teen die ys en hou die deure oop. ‘n Uur later kan jy die ys optel met ‘n eierspaan (egg lifter). Dit werk soos ‘n bom

* Besem: om die hare van ‘n besem weer styf te maak, plaas die besem in ‘n oplossing van 1 eetlepel sout en 4½ liter water.

* Gooi elke aand ‘n handvol growwe sout in die uitlaatpype van wasbakke - die sout sal in pype afdrup en dit vry van vetterigheid hou.

* Gooi ‘n lepel vol sout in die water waarin jy geskilde vrugte gooi voordat jy dit inmaak, dan sal die kleur van die vrugte volmaak hou.

* Spoel vrugte en groente wat jy rou gaan eet, af in sout water. Natuurlike ontsmetmiddel.

Monday, 17 February 2025

Vandag se internetgebed vir jou: Geseënd met oorvloed

Dankie, Vader, vir die volheid en die vettigheid waarmee U my geseën het. U het vir my arm geword, sodat ek oorvloed mag hê. My oorvloed is egter vir ander, want dit is waarvoor ek geskape is, om ander te bedien met u grote liefde en dieselfde barmhartigheid wat U aan my bewys het. Dankie, Here, ek is deel van die lote van die stok, ingeênt op die stok, om na my talente en gawes, veel vrug te kan dra. Amen.

Saturday, 15 February 2025

Saterdaglagmedisyne: Sien is glo!


Daar bo innie Bosveld stap hasie eendag so deur die gras en kom op 'n borrel mampoer af wat in die son gelê het. Hy vat 'n paar slukke, ma'ie witblits skop hom so lat hy net daar uitpaas. Jakkals kom verby, sien vir hasie en die bottel, dog toe hy sal ook so sluk vat voor hy vir hasie eet. Maar die warm mampoer kap hom ook om. 

So lê die twee nou daar toe hiëna verby kom, hy kon sy geluk nie glo nie en drink ook aan die bottel; selle storie, val net daar neer, uitgepaas. Leeu kom toe op die storie af, besluit hy eet nie aan jakkalse en hiëna's nie, en daarby is die haas te klein om eers oor te worrie. Hy vat toe maar 'n paar groot slukke en kort-voor-lank slaan hy ook neer. 

Met die begin hasie roer, sit regop met 'n hewige hoofpyn. Hy skud sy kop, trek sy ore reg en kyk toe so om hom. Toe sien hy hoe lê leeu, jakkals en hiëna uitgepaas om hom. Hy mompel: "Hel, smaak my mos ek raak aggressief as ek gesuip is!"

[Dankie, Johan, een van die senior burgers, vir hierdie bydrae. 

Friday, 14 February 2025

Vandag het ek die Here gevra om ...

... al my trane weg te vat, want trane bring net seer.

Toe sê Hy: "Nee, my kind, wens liewers Ek gee jou meer"

* Ek sal vir jou trane gee as jy gelukkig is, jy sal trane hê as jy jou geliefdes mis ...

* Ek sal vir jou trane gee as Ek jou baba vir die eerste keer in jou arms lê, en Ek sal jou trane gee as jy 'n gebed van dankbaarheid opsê ...

* Ek sal vir jou trane gee as jy vir jou kind se oulike sêgoed lag, en hy jou 'n drukkie gee met sy lyfie so sag ...
 
* Ek sal vir jou trane gee as jy by 'n siekbed staan, en die dokter vir jou sê dat alles weer beter sal gaan ...

* Ek sal vir jou trane gee as jy jou verlore hondjie terugkry, nadat jy gedink het hy is dalk êrens omgery ...

* Ek sal vir jou trane gee as jy voel jou lewe is verby, en jy skielik weer van êrens nuwe hoop vir die lewe kry ...

* Ek sal vir jou trane gee as jy van iets hartseer hoor, of as jy jou hart op jou eerste liefde verloor ...

* Ek sal vir jou trane gee as jy lees van ander se hartseer en smart, want dan, My kind, weet ek jy het nog 'n hart ...

* Ek sal vir jou trane gee as jy hartseer is, want, my liewe kind, ek sal die storms weer blus ...

* Ek sal 'n kruis op jou pad sit al is dit nie jy wat daarvoor vra, want, my liewe Kind, ek sal nooit dat jy hom alleen dra!!! 

[Dankie, vir die aanstuur, Rosetta]

Verjaardagwense uit die rooi posbus nr. 8: Baie geluk, mev. G de Bruin


Foto: Ronell van Wyk  

Thursday, 13 February 2025

Ouma se wenke: Koeksoda

* Bottels: Om die ou reuk uit bottels te kry, vul die bottel met ‘n oplossing van water en koeksoda.

* Aangebrande kos: As jy aangebrande kos vinnig uit ‘n kastrol wil verwyder, vul kastrol met kookwater waarby twee eetlepels koeksoda of sout gevoeg is

* Braairooster: Meng koeksoda en water om ’n pasta te maak. Smeer dit aan die rooster en laat dit oornag staan. Gebruik ’n stewige borsel die volgende oggend om die rooster te skrop en spoel af.

* Wit kolle op hout: Die volgende wenk kan jou dalk help om van die onooglike watervlekke ontslae te raak. Maak ’n pasta met een eetlepel koeksoda en een teelepel water. Vryf dit sagkens op die vlek in sirkelbewegings totdat die vlek verdwyn. Onthou om nie te veel water te gebruik as jy hierdie koeksodamengsel aanmaak nie. 

Monday, 10 February 2025

Vandag se internetgebed vir jou: Dankie vir U liefde

Dankie, Here, vir U liefde, U wat ons liefgehad het nog voor ons meesterlik in ons moederskoot geweef is. Dankie vir U ontferming, medelye, versorging en hulp, veral as die lewe soms bietjie erg raak. Dankie dat daar rus is by waters van vrede. Dankie dat daar beskerming is onder U vleuels en dankie dat U ons soms net eenvoudig opraap en verder teen U bors dra. Dankie dat U altyd daar is. Amen.

Saturday, 8 February 2025

Touching story from Readers digest ...


Last night I was sitting in the living room, talking to my wife about life ... In-between, we talked about the idea of living or dying. I told her: 'Never let me live in a vegetative state, totally dependent on machines and liquids from a bottle. If you see me in that state, I want you to disconnect all the connections that are keeping me alive, I'd much rather die.'

My wife got up from the sofa with this real look of admiration towards me proceeded to disconnect the Cable TV, DVD, then the computer, the cell phone, the iPod, and the Xbox, and then went to the bar and threw away all my whisky, rum, Gin, Vodka the beer from the fridge ...

I ALMOST DIED!!

Moral : Think before you speak. The female brain works on a different wavelength!

Source: Reader's Digest 

Friday, 7 February 2025

Spesiaal aan elke moeder ...

Gebuig in gebed,
Bid sy dat God haar kinders moet red,
Noem hul op die naam,
Terwyl trane haar gesig sagkuns raam,
Pleit by Jesus,
Dat Hy diep in hul harte moet lees,
Dat hul veilig moet wees,
Al is haar hart blou gekneus,
Haar trane land veilig,
Op haar Bybel se blaaie,
Sien niemand haar trane?
Loof en prys sy deur smartfonteine,
Jesus sien elkeen,
Het hierdie lieflingvrou
net vir hulle geleen,
Veilig vang Jesus 'n traan,
In die boek van lewe is dit geraam,
By elk skryf Hy 'n naam,
God's Irisblom,
Gepluk,
vir kinders geleen,
Op Jesus-skouer rus sy knus,
Knieë skaaf sy deur,
Probeer hul van Sy liefde leer,
'n Moerder se liefde,
Sag en teer ...

Weet verseker dat Jesus elkeen wat nou hier lees oneindig liefhet ...
Gee vandag al jou laste vir Jesus ...
Hy sal dit vir jou oplos.
Jesus weet van elke traan wat val ...
Of jy 'n Moeder of kind is vandag ...
Ek weet 'n Moeder se trane val altyd
waar niemand op aarde dit kan sien nie ... 
Maar vandag weet ek
dat geen traan by Jesus se oog verbygaan nie ...

[Dankie, Estelle]

Thursday, 6 February 2025

Ouma se wenke: Asyn, jou beste vriend in die kombuis

* Taai merke: Die kombinasie van vetterige kosspatsels, stoom en stof is geneig om taai merke op oppervlaktes in jou kombuis te laat. Jy kan hierdie taai spatsels of merke skoonmaak deur dit af te was met ’n spons wat in onverdunde wit asyn gedoop is. Spons asyn af met skoon water en vee droog met papierhanddoeke.

* Maak ook gereeld bo-op jou yskas, vrieskas en ander kaste in jou kombuis skoon. Hulle word net so vinnig vuil - stoom en stof.

* Spieëls: Vryf spieëls en ruite met ‘n lappie gesprinkel met ‘n bietjie asyn - vlieë hou nie van die reuk nie.

* Vleis: om vleis sag te maak wanneer jy dit stowe, gooi 2 teelepels gemmer by. Jy kan ook asyn oor vleis gesmeer vir sagter reusltate. 

* Brand: Smeer dadelik asyn aan enige brandwond, dit neem die brand weg en voorkom blase as dit betyds aangesmeer word.

Wednesday, 5 February 2025

Monday, 3 February 2025

Vandag se gebed vir jou: God in die alledaagse

Vergewe my, Here, dat ek sê dat ek U volg
en dat ek altyd in U teenwoordigheid is -
maar dan verwag ek U nie op onverwagte plekke nie!
O Here, ek verwag U spesifiek nie in armoedige omgewings nie -
nie in huisies waarvan die verf afskilfer en onkruid die tuintjies oorwoeke';
in kroeë, kronkelstraatjies, agterbuurtes en rooiligdistrikte nie.
Dit is omdat ek vergeet van die stal
en die Baba tussen die plaasdiere.
Dit het nooit regtig tot my deurgedring
dat die jong Prins van Vrede
grootgeword het in die stofstrate van 'n vaal plattelandse dorpie nie;
dat Hy sy mag sou beperk om mens tussen ons te word nie.
Here, as ek U nie raaksien op die alledaagse plekke
en in die doodgewone mense rondom my nie,
is dit omdat ek vergeet hoe anders as wat mense sou verwag
u Koningskap vertoon is ...
U is gekroon met dorings, het die kruis as troon aanvaar,
en die enigste swaard wat U opgeneem het, was dié van die Gees.
O Here, ek moet nog so baie leer!
Wys vandag die lig van die ster vir my
bokant die plakkershuise om my stad,
laat my die engellied hoor
in versoenende woorde tussen gewone mense.
Ek bring aan U die geskenk van my lewe.

[Arthur A Rouner]

Saturday, 1 February 2025

Saterdaglagmedisyne - Blondinegrappe


Aan die eertydse blondines in Ons Huis wat nou almal getooi is met grysheid en gepaardgaande wysheid: geniet hierdie grappies ...

* By die werk is die enigste mense met deurskynende kosblikke die blondines. Een blondine het die rede as volg vir een van haar kollegas verduidelik:
Sodat die blondines kan weet of hulle werk toe of huis toe moet gaan.

* Wat word 'n blondine tussen twee brunette genoem?
'n Kommunikasiegaping.

* Hoe hou jy 'n blondine vir ure lank besig?
Gee vir haar 'n papier met die woorde blaai om, asseblief op albei kante geskryf.

* Waarom drink die blondine 'n glas OMO na elke ete?
Op die houer staan: Met nuwe verbeterde vetverwyderaar 

[Word vervolg]

Februarie-verjaardae


14 - Mev. G de Bruin

19 - Mev. J du Plessis