Besoek gerus hierdie nuwe bladsy.
Wednesday, 29 June 2016
Ons inspirasiestories!
Op dae wanneer ons revolusies baie laag is, is dit nodig dat ons 'n bietjie brandstof inneem uit die inspirasiestories van ander.
Besoek gerus hierdie nuwe bladsy.
Besoek gerus hierdie nuwe bladsy.
Monday, 27 June 2016
Sunday, 26 June 2016
Saturday, 25 June 2016
Friday, 24 June 2016
Ons Huis word raakgelees!!
Dit wil voorkom of iemand in Amerika HUIS toe verlang... ONS HUIS... dalk??? |
Thursday, 23 June 2016
Wednesday, 22 June 2016
Tuesday, 21 June 2016
Aangename kennis, matrone Joey Serfontein!!
Johanna Serfontein in haar jong dae in Kimberley! |
André H van Dyk, 'n man wat van geskiedenis hou en skrywer van: "Die Serfontein-familie van Brandrivier tot Kliprivier", deel hierdie foto's met ons. Hy het baie interessante inligting oor hierdie matrone-familie van hom gegee. Hulle is albei familie van die bekende skryfster, Dot Serfontein van Kroonstad. Dot het ook 'n boek oor die Serfonteins uitgegee, "Die Serfontein-atlas". Albei hierdie boeke is tans uit druk.
As enkelouer het Joey Serfontein haar twee seuns alleen grootgemaak. Die twee seuns was eers in Gladstone Primêre skool en later is hulle na Diamantveld Laerskool toe. Hier het Chris Serfontein, die oudste
Chris Serfontein, die oudste seun, en 'n onlangse foto van die boom wat hy meer as 75 jaar terug by Diamantveld Laerskool geplant het. |
Matrone Joey Serfontein is van Kimberley na Johannesburg en nog later het sy 'n matronepos in Pietermaritzburg gehad.
Nog foto's van die merkwaardige vrou!
Monday, 20 June 2016
'n Maandagoggend-verrassing!
Matrone Joey Serfontein in die kombuis van "Ons Huis" se eerste gebou. Hier is sy saam met van die ander personeellede. Die datum agterop die kosbare foto's is 1947. |
Matrone Johanna, in die wandel bekend as Joey, se handtekening! |
Partykeer
word die spreekwoordelike blou Maandag op sy kop gekeer... hierdie keer was dit met 'n foto of drie.
In hierdie
geval het mnr. André H van Dyk op "Ons Huis" se blog afgekom, wat
maar enkele dae oud is en 7 wonderlike juweelfoto's vir my gestuur van sy oupa
se ma wat in die 1940's 'n matrone van hierdie ouetehuis was. Hy het die foto's
in sy besit, met byskrifte agter op die foto's in haar handskrif.
Wat 'n heerlike
Maandagmôre-vonds!! 'n Groot dankie vir hierdie stukkie geskiedenis wat jy met
ons deel.
As daar nog enige van die lesers is wat foto's, staaltjies of stories met ons wil deel, kontak my gerus.
'n Stukkie agtergrondgeskiedenis van hierdie matrone en nog foto's volg later. Hou die blad dop!!!
Sunday, 19 June 2016
Saturday, 18 June 2016
Friday, 17 June 2016
Thursday, 16 June 2016
Wednesday, 15 June 2016
Ons eerste treë...
Ons Huis - Tehuis vir bejaardes 1952 |
Die doelstelling van so 'n vereniging sou spesifiek wees om nood te lenig en lyding te versag - toestande wat ná die Eerste Wêreldoorlog hoogty gevier het.
Met hierdie edele doel voor oë is die ACVV-tak in Beaconsfield gestig met mev. N Powell as presidente. Die tak alhier het in der waarheid deur die jare veel gedoen om in die nood van behoeftiges te voorsien. Besoeke aan siekes tuis waarheen ook voedsel geneem en barmhartigheidsdienste verrig is, sowel as besoeke aan siekes in die hospitaal, het 'n gereelde instelling geword.
Dienste wat op 'n stadium deur die Departemente Volkswelsyn en Pensioene, Kindersorg en so meer verrig word, was in die vroeë jare die selfopgelegde taak van die ACVV. Finansiële steun soos liefdadigheidsinstansies dit deesdae ondervind, was daar glad nie. Slegs die ywer en liefde vir die saak was vir die klein getal lede waarmee die vereniging gestig was, genoeg aansporing om groot struikelblokke uit die weg te ruim.
Namate die werkkring wyer geword het, het ook die nood van eensame en siek bejaardes na vore gekom - soveel so dat die lede die behoefte aan 'n tehuis vir bejaardes sterk aangevoel het.
(Lees verder...)
Subscribe to:
Posts (Atom)