Kimberley
se motorfietsryers het Saterdag in die gees van Kersfees kragte saamgesnoer om van die Pension Run-inisiatief 'n reuse sukses te maak.
Meer as 50 pakke doeke vir volwassenes is aan elkeen van die drie tehuise oorhandig, danksy die ondersteuning van donateurs en die borge. Doeke is 'n duur noodsaaklikheid vir baie bejaarde inwoners. Die organiseerders hoop om die Pension Run 'n jaarlikse tradisie te maak om te verseker dat senior burgers in Kimberley 'n stresvrye feesseisoen kan geniet.
Elke besoek Saterdag was gevul met glimlagte, liefde, omgee, dankbaarheid en 'n gevoel van gemeenskap. En is dit nie juis die belangrikste boodskap wat uitgedra moet word nie?
Inwoners: 'n Uit-ons-hart-dankie vir hierdie ongelooflike en heerlike verrassing. Julle sal nooit weet wat hierdie besoekie vir ons beteken het nie. Mag julle nog diep spore in Kimberley trap!
Dankie, Babsie, dat jy hierdie goeie nuus met ons lesers deel. Waardeer dit!
No comments:
Post a Comment