Ons Huis: Sienings

Terug na HOME PAGE


7 waarhede oor die ouderdom

Aftree impliseer oudword en doodgaan. Nie rêrig nie maar nou ja dit bring ook groot waarhede na vore:

Hier is n paar vir die wat beplan om af te tree:


1) Oudword is verpligtend - grootword is opsioneel
2) Vergeet van al die gesond eet - jy het al die preserveermiddels nodig wat jy in die hande kan kry.
3) As jy sou val, dink hieraan : "Wat anders kan ek doen terwyl ek hieronder is?"
4) Daar is duidelike tekens van ouderdom wanneer jy dieselfde sensasie ervaar in n wiegstoel as wat jy vroeër jare ervaar het op die mallemeule!.
5) Jou grootste frustrasies deesdae is dat jy al die antwoorde het, maar niemand vra meer die vrae nie.
6) Jy besef dat TYD 'n fantastiese heler is, maar dat dit 'n baie slegte skoonheidsdeskundige is.
7) Wysheid kom met die ouderdom, maar somtyds kom die ouderdom alleen.
 (John Brandow - Maak gerus 'n draai hier!)

No comments:

Post a Comment